Bellville – Stadion & Velodrome

1954 – Bellville’s Old Stadium in Voortrekker Road

The first hockey test match to be played on the Bellville Sports Ground took place last Saturday when the South African women’s team defeated England 2 – 1. Approximately 5 000 enthusiastic spectators arrived at the grounds. The ground appears to be a marvellous future venue for big Cape sporting events. (Cape Times, 21 August 1954)

atletiek-02

Women playing hockey at the old Bellville Stadium on Voortrekker Road.
(Cape Times, 21 August 1954)

Die 1962 Bellwielers – die klub vir fietsentoesiaste

1962-fietsry-01

Fietsry was groot in die 60’s in Bellville.


atletiek-01

Bellville is mal oor sport. Ek het ‘n foto geneem van die 1976 Sportprogram se voorblad, wat ek in die Bellville-biblioteek se argief gekry het.


1992 -Bellville se nuwe Atletiek- & Fietsrystadion

img_8057

Die openingseremonie van die ultramoderne Bellville-stadion in 1992 was ‘n grootse gebeurtenis. (Foto: Bellville-munisipaliteit)
Die nuwe stadion is op 6 Maart 1992 met die Sanlam Super-atletiekbyeenkoms geopen en die volgende dag is ‘n internasionale fietsrybyeenkoms by die nuwe fietsrybaan reg langsaan gehou.
Ek was deel van die eerste “E” van BELLVILLE (sien foto) en moes soos vele ander vernederend op die stadion se grasperk met wit sokkies oor my hande rondspring. 

Die nuwe atletiekstadion beskik oor sowat 4 000 onderdaksitplekke, asook ‘n onthaallokaal waar sowat 250 gaste heerlik kan saamkuier. Die graswalle rondom die atletiekbaan bied sitplek vir ‘n verdere 15 000 toeskouers.

img_8081-copy

Die fietsrybaan het ‘n grasperk in die middel gehad en net ‘n klein pawiljoen aan die suide kant.
(Foto: BKS Nuusbrief, Lente 1993)

fietsry-copy

Eina! Fietsryers onderskat die fietsrybaan se styl helling van sowat 45?en tref die grond hard.
(Foto: Northern Argus, 11 March 1992)

bellville-fietsrybaan-1993

Dit is 1992. Toeskouers sit op ‘n grasval en kyk na die eerste fietsrybyeenkoms. (Foto: Bellville-bib-arfief)


Fietsrystadion is reg vir wêreldwedrenne

Konstruksiekoste beloop R33 miljoen. Die reusagtige dak het ‘n staalboog-koepel van 120 m – die grootste in Afrika. Die konstruksie word volgens Olimpiese standaarde opgerig en sal slaggereed wees om die Olimpiese binnenshuise fietswedrenne aan te bied as Kaapstad se Olimpiese bod suksesvol is. (Die Burger, 21 Mei 1997)

img_8080-copy

Lugfoto van die Velodrome – konstruksieproses steeds aan die gang.
(Foto: The Cape Argus, 3 Junie 1997)


img_8055

Die asemrowende fietsry- en vermaaklikheidstadion wat in die aand verlig word, is iets om te aanskou. (Tyger-Burger, 28 Mei 1997)


100_4506

img_1569

Links is Bellville se beste fietsry atleet, Chris Willemse. Regs: Fietsryers ry hulself dronk, al in die rondte, binne-in die Bellville Velodrome- fietsrystadion. (Foto: Etienne Rossouw)


Die bekende Burger Sanlam fietstoer:

Hierdie is die sertifikate wat jy kry as jy jou 50 km of 100 km voltooi het.


Konserte wat al in Velodrome gehou is

1998 Michael Flatley met sy Lord of the Dance
1998 Die saxofoonspeler Kenny G
1999 Die Kanadese sanger Bryan Adams
1999 Die bekroonde Amerikaanse rockgroep Counting Crows
1999 Die wêreldbekende kulkunstenaar David Copperfield
2000 Die gewilde Belgiese tenoor Helmut Lotti
2000 Die rockgroep The Cranberries
2000 Die alternatiewe Amerikaanse rockgroep Live
2000 Sting se konsert Brand New Day
2001 Die Ierse boyband Westlife
2001 Al Jarreau, met sy fluweel-jazzstem
2002 Die Britse groep UB40
2002 Die Britse groep Faithless
2002 Die Ierse hartebreker Ronan Keating
2003 Simply Red
2005 Avril Lavigne . . . en so gaan die lys net aan en aan, met supergroepe soos The Offspring, Metallica en Bruce Springsteen en sy band.


Die MTBS – Skole-atletiek by die Bellville-stadion

img_8056

Nie ‘n plek vir ‘n muis by een van die grootste skole-atletiek byeenkomste in Suid-Afrika nie. Dis die jaarlikse MTBS-byeenkoms, met die hoërskole DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg wat meeding vir ‘n atletiek-beker en ‘n pawiljoen-sangbeker. (Foto: Etienne Rossouw)

mtbs-interschools-2008-12

velodome-bellville-stadium


The massive Organised Chaos LAN Party

velodrome

Die destydse LAN-byeenkoms Organised Chaos (OC) is by tye in die Bellville Velodrome gehou.
Daai jare het die LAN ‘n kapasiteit van 540 deelnemers gehad nadat dit in April 2012 van die Bellville Velodrome wegbeweeg het.
Die grootste LAN-gebeurtenis deur OC georganiseer, is in Desember 2010 by die Bellville Velodrome gehou met ‘n allemintige 1 263 gamers wat deelgeneem het.


Konstruksie van die Bellville Stadion en Fietrybaan

konstruksie-van-bellville-stadion-03

Bellville se atletiek stadion is amper klaar gebou.

konstruksie-van-bellville-stadion-02

Tonne gras is aangeplant op die styl helling tussen die stadion en Durbanweg om die omgewing te versier. In die agtergrond is die ou Health & Raquet Club en links bo in die hoek is Tygervallei sentrum. (Dankie aan Bellville Munisipaliteit vir die gebruik van die foto’s)