Bellville – Woonareas

1929 – Boston Woonarea

In 1929 was dié dorpsgebied se oppervlakte besonder klein. Duminystraat was die een grens, met Tiende Laan aan die noordekant die ander grens. Die buurt het aan ‘n Amerikaanse firma behoort. Aanvanklik het die area aan Loevenstein behoort. Die stuk grond is in 2000 erwe opgesny. Die Amerikaanse eienaars het die dorpsgebied se toestande en ligging vreeslik probeer verkoop. Volgens hulle was die strate oortrek van die bome. Tog het hulle nie genoem dat daardie bome almal rooikrans en Port Jackson was nie. Blykbaar sou trems passasiers vanaf Voortrekkerweg na 18de Laan vervoer en was die see so te se reg by Voortrekkerweg!
(“Bellville” deur C.J. Scheepers Strydom, 1981, Nasionale Boekdrukkery)

Het julle geweet, die strate in Boston is vernoem na Amerikaanse presidente en stede: Washington, Lincoln, Cleveland, Salisbury, Gladstone en Boston.

1968 – Bellvilliete is boos oor beoogde Boston-hoofpad

Die plan om ‘n hoofpad deur Boston te bou, het gelei tot ‘n groot protesvergadering deur ontstoke Boston-huiseienaars gisteraand in die Bellville-burgersentrum. Sowat 75 huise sal platgeslaan moet word. Dit is huise ter waarde van R1 000 000. “Ons word uit Boston gegooi!” was ontstelde inwoners by die burgersentrum se reaksie.
Twaalfde Laan is die pad wat vergroot gaan word en gaan groot veranderinge ondergaan. Dit gaan in ‘n dubbelbaan-pad in albei rigtings omskep. Die stadsraad het besluit dat ál die erwe aan die onderkant (suid) van 12de Laan uitgekoop sal word, om plek te maak vir die dubbelpad en graseiland tussenin.
(Die Burger, 30 Mei 1968) Die dubbelpad is uiteindelik eers in 1985 gebou en heet tot vandag toe nog Frans Conradie-rylaan.


1954 – Welgemoed – Die Constantia van die Noorde

Tygerberg gaan volgende jaar ‘n splinternuwe woonarea kry. Dit sal Welgemoed heet en 830 erwe hê. Die voorspelling is dat daar uiteindelik sowat 3 300 inwoners in die nuwe buurt sal bly.
Daar is op dié naam besluit, aangesien die buurt op die plaas met dieselfde naam ontwikkel sal word. Die Welgemoed-plaas is vroeg in die 18de eeu deur W.A. van der Stel aan C. Laubscher oorhandig.
Die nuwe dorpsaanleg sal om en by 1.5 myl van Bellville se sakekern opgerig word. Die plotte is groter as normale Boston-erwe. Welgemoed-erwe is ongeveer 14 000 vierkante voet teenoor die 5 000 vierkante voet van Boston-erwe.
(Die Burger, 22 Desember 1954)

img_9411

Advertensie van Welgemoed, soos op mikrofilm. (Eiendomme/Finansies uit Die Burger, 17 April 1971 of Die Burger van 1 Mei 1971)

apartheid-era-housing-development-at-welgemoed-bellville-looking-up-goewerneur-st

Goewerneurstraat, Welgemoed, Bellville . (Foto: digitalcollections.lib.uct.ac.za)

Bo, Goeweneurstraat, Welgemoed, ongeveer 2020.


1956 – Lugfoto van Boston-woonarea

from-the-website-wwwdigitalcollectionslibuctacza

‘n Lugfoto van Boston, Bellville. Loevenstein en Hoheizen bestaan nog nie eens nie. Lincolnstraat verbind Welgemoed (op die heuwel) met Boston.
(Foto: digitalcollections.lib.uct.ac.za)

1972 – Die nuwe Boston-hotel open sy deure

voortrekker-road

Die nuwe Boston-hotel op die hoek van Bostonstraat en Voortrekkerweg. Die hotel maak op 1 Desember sy deure oop en spog met twee muurbalbane, ‘n biertuin, ‘n gimnasium met sauna-baddens en ‘n rolprentteater – bekend as die Mini Cini. Heeltydse inwoners sal meestal van hierdie hotel gebruik maak. Enkelkamers vanaf R65/maand en dubbelkamers vanaf R90/maand.
(Die Burger, 25 November 1972)

100_4510

Bo is die ou Boston Hotel (ongeveer 1905) waar meule, perde en perdekare gestaan het voor die Hotel. Die grondpad in die voorgrond is vandag se Voortrekkerweg. Hier het die manne hulself stukkend gekuier.


100_4339

Advertensie van die nuwe spogbuurt Hoheizen in Bellville – die spelling op die advertensie is verkeerd. (Die Burger, 3 April 1971)


1958 – Bellville Stadsraad wil Loevenstein plaas ontwikkel

Bellville sal in die volgende paar weke kan stem of die plaas Loevenstein (grootte 255 morge) teen die hange van Tygerberg deur die stadsraad gekoop behoort te word.
Die stadsraad wil die plaas, noord van die Karl Bremer-hospitaal, vir ‘n allemintige ?105 000 koop. Die plan is om dit dan in sowat 900 erwe te verdeel. Die erfgroottes sal wissel tussen 10 000 en 15 000 vierkante voet. Dit sal een van die mooiste woonareas in die Kaap wees. Dít volgens A.J. West, Bellville se burgemeester, gister gesê.
Die belastingbetalers het op 30 September op ‘n vergadering met 96 stemme teen 82 besluit om Loevenstein nie te koop nie.
‘n Stembus is later geëis, sodat daar later weer gestem kan word.
(Die Burger, 7 Oktober 1958)

1973 – Exciting new 288-flat block for Loevenstein

A brandnew flat project, valued at R2.6 million, will be erected by Sanlam on the slopes of the Tygerberg. The flats will consist of two blocks, each 13 storeys high and there will be 288 units. Construction will commence next month and is expected to be completed by September of next year. These flats are today known as Tafelsig and Seesig.

100_4341

dsc05425

Photo of a scale model of the new flat project to be constructed in Loevenstein. (Cape Times, 10 March 1973).

loewenstein-18th-century-dutch-style-home-overlooking-bellville-destroyed-by-a-fire

Loevenstein, 18th century, Dutch-style home overlooking Bellville, destroyed by a fire.
Date of fire unknown. This spectacular house may since have been rebuilt.
(Foto: digitalcollections.lib.uct.ac.za)