Tygerberg – Groot Groente en Vrugte

Tygerberg – Groot Groente en Vrugte

100_4614

‘n Yslike sonneblom het in mnr. S.G. Killian van Parow se tuin gegroei. Mej. Ria Bruwer, ‘n ontvangsdame in Bellville, hou die blom vas. Die plant is nege voet hoog, 18 duim in deursnee en 4 vt. 6 dm. in omtrek. Die sonneblom se stam is ‘n volle agt duim in omtrek. (Die Burger, 11-20 Januarie 1968)


100_4617

Mr. L.W. du Toit, from Parow, holds up this enormous Kaffir watermelon, weighing in at a mammoth 100 pounds. (Cape Argus, 6 May 1969)


100_4616

So ‘n bielie van ‘n pampoen van 14.5 kg is mos nou wragtigwaar iets om op trots te wees, of so voel mnr. F.S. Oosthuizen van Parowvallei, wat langs een van die drie enorme pampoene wat hy in sy tuin kweek staan.  (Die Burger, 11 Maart 1975)


100_4615

Kyk so ‘n massiewe knewel van ‘n pampoen! ‘n Volle 304.1kg van Aspoestertjie-pampoen. Johan Jooste het Shoprite-Checkers se pampoenkompetisie gewen met sy reuse-inskrywing. Kathy Starke het die silwermedalje losgeslaan met haar “pampoentjie” van 168.5kg, terwyl Billy Griffiths met brons tevrede moes wees vir sy inskrywing van 157.2kg. (Tyger Burger, 21 Mei 2003)