Tygerberg – Antieke Motors & Motorwedrene, vanaf 1955

1955 – Bellville Super Cops on speedy bikes

100_4356

The entire Bellville traffic police force have received new British police model motorcycles, each equipped with front-wheel sirens. The constables’ machines are valued at £300 each and are capable of incredible speeds exceeding 100 miles per hour. (The Cape Times, 6 July 1955)

New speed limit for 1955

100_4357

G.T. Ruthven, chief traffic officer of Bellville, with one of the traffic signs erected in town when the new 35 miles per hour speed limit, applicable to the entire Voortrekker Road, from Maitland outwards, was introduced last Friday.
(The Cape Times, 7 July 1955)


1956 – Come to Bellville and CY

Number plates: The rush for “CY” number plates is on at the Bellville Revenue Office this week. Many motorists have already registered for their new plates. (The Cape Times, 4 January 1956)

“Come to Bellville and CY (see why)” – Always wondered where the saying comes from. It’s obviously from the Bellville CY number plates.

100_4354

“Ienie-mienie-maainie-mou, I’ll pick a plate, then I’ll go.”
(The Cape Times, 4 January 1956)


1956 – Parow’s fleet of vehicles

100_4352

Parow’s Pride: Valued at an astonishing £8 000, Parow’s fleet of vehicles have been extended by these two additions. The fire truck, already in service, was recently delivered and the other vehicle is the mayor’s new car. Note its new “CY 1” number plate. (The Cape Times, 25 January 1956)


1959 – Bellville Motor Race Track – Sacks Circle

100_4342

The 75-mile Van Riebeeck Trophy – one of the premier events of the 1959 motor-racing season in the Cape – is to be held at Sacks Circle in Bellville this Valentine’s Day. (The Cape Argus, 5 February 1959)

100_4343

‘n Advertensie vir die plaaslike Grand Prix, gehou in Sacks Circle, Bellville. Die kampioenskap het destyds bekend gestaan as Die Valsbaai-100.
(Die Burger, 25 Desember 1959)


1957 en 1959 – Motor advertensies

ACD Systems Digital Imaging

ACD Systems Digital Imaging


Nuwe ambulanse

100_4351

Die noodhulpliga het nóg ‘n nuwe ambulans aangekoop. Dit is hoe die ambulanse in die vyftigerjare in die Kaap gelyk het. Hulle lyk beslis nie baie vinnig nie. (Die Burger, 18 April 1957)


1962 – Motor sit vas in sand na wilde vryery

img_7885

Mnr. Van der Merwe van Tiervlei en sy meisie het Saterdagaand op die strand by Bloubergstrand stilgehou om te gaan vry. Hulle was só besig dat hulle nie agtergekom het dat die water styg nie. Die paartjie is in die motor vasgekeer, maar kon dit darem betyds uitmaak voor die water die motor verswelg het. Hier probeer ‘n paar vrywilligers om die karretjie uit die nat sand te sleep.
(Die Burger, 15 Oktober 1962)


1975 – Die motor van die toekoms

100_4345

Lugbesoedelings- en verkeersprobleme mag dalk binnekort ‘n ding van die verlede wees, sodra hierdie klein wonder-karretjie op ons paaie verskyn. Die voertuig gaan in Parow vervaardig word.
KG Hänel, die produsent, wat hier agter die stuur sit, sê dat dit plus minus 45 km ver teen ‘n gemiddelde snelheid van 30 km/h in verkeer kan ry voordat die batterye herlaai moet word. (Die Burger, 21 Oktober 1975)

Wat het geword van die sogenaamde battery-motors? Ál wat dié karretjie nog kort, is ‘n sak golfstokke, want dit lyk nes ‘n golfkarretjie. 


1977 – Batterymotor in Parow vervaardig – “Nóg ‘n motor van die toekoms

100_4344

Die BP-sentrum in Kaapstad was gisteraand die bymekaarkomplek vir die bekendstelling van die prototipe van ‘n nuwe batterymotorkar, bekend as die Microdat. Vier batterye dryf die voertuig aan. ‘n Ligte petrolmasjien laai die batterye terwyl die motor loop.
Die Microdat kan 500 km ver ry voordat die batterye weer gelaai moet word. Die brandstofverbruik is maar 1.9 liter per 100 km (m.a.w. dit sou jou daai jare sowat R1 gekos het om 100 km ver met dié kar te ry). Ongelukkig kan die Microdat slegs ‘n topsnelheid van 80 km/h bereik. Die karretjie sal deur ‘n maatskappy in Parow se nywerheidsgebied vervaardig word. Te oordeel aan die voertuig se topsnelheid, sal dit slegs in die stad gebruik word. Die motorkar weeg slegs 520 kg en is net 2 m lank. Sowat 80% van die onderdele word plaaslik vervaardig.

Die prys van die nuwe motorkarretjie sal sowat R2 980 wees.
(Die Burger, 21 September 1977)


1980 – Oppas vir die Boetebessies! Parkering raak belaglik duurder

ACD Systems Digital Imaging

Parkeerkoste in Bellville se Voortrekkerweg gaan een van die dae erg duurder raak. Alle 2c-parkering in dié straat sal afgeskaf word. Die 200 parkeermeters sal verander word sodat ‘n halfuur in die vervolg 5c gaan kos. Die twintig minute parkering vir 2c of 60 minute vir 5c is dus nou iets van die verlede.
(Die Tyger-Burger, 4 Julie 1980)

Vandag moet ons vir lastige mense (selfs boemelaars) betaal om vir ons te wys waar om te parkeer. Hulle is die parkeringaanwysers of die karwagte.
Eers word daar vir ons gewys waar om te parkeer, so asof ons daar móét parkeer.
Ons parkeer dan juis daar omdat daar geen parkeermeters is nie en dit veronderstel is om gratis te wees. Dan moet ons nog iemand betaal wat na ons kar gekyk, terwyl ons weg was, juis wat ons nie wíl doen nie.


1984 – ROBOCOP maak verkeer veiliger

100_4355

Die oulike pratende robot, ook bekend as Robo-Roadbot, van die Nasionale Verkeersveiligheidsraad, het in Bellville kom kuier. Hier gesels die burgemeester, Danie Uys (links), en die verkeershoof TJ Engelbrecht met die blikbrein.
Die robot help motorryers om voorbereid, vriendelik en verdraagsaam te wees. Wat is volgende vir Bellville?!
Robocop?!
(Tyger-Burger, 22 Februarie 1984)


1985 – Petrolpryse is minder as ‘n rand per liter

ACD Systems Digital Imaging

(Die Burger, 8 November 1985)


1988 – Durbanville-seuns sterf in motorongeluk

100_4349

Durbanville is onlangs geruk deur die dood van vier std. 9-seuns, almal boesemvriende, van die Hoërskool Durbanville, wat in ‘n afskuwelike motorongeluk gesterf het.
Hulle was Hein Barnard, Pieter Opperman, Lukas Anthonissen en Ferdinand van der Merwe. Hul vriend, Francois Smal, wat ook in die motorkar was, is ernstig beseer. Hulle was op pad terug van ‘n uitstappie na die Strand toe die motor wat hul bestuur het teen ‘n ander voertuig gebots het en ‘n fietsryer ook in die proses gesterf het. Twee ander mense is óók in die voorval beseer.
(Die Huisgenoot, 15 Desember 1988)


1996 – Middernagtelike jaery in Tienie Meyer-rylaan

Onwettige straatjaery vind die laaste tyd in Tienie Meyer-rylaan tussen Bellville en Parow plaas en lok honderde toeskouers. Persone wat aan hierdie ongeoorloofde jaery deelneem, sowel as toeskouers, gaan kortgevat word.
Dit het nie lank geneem vir nuus oor hierdie middernagtelike jaery om onder belangstellendes te versprei nie. Sommige aande is die toeskouerstal tot by die 400 jongmense.
Die aksie begin normaalweg hier teen middernag en duur tot die vroeë oggendure. Snelhede van tot 200 km/h is glad nie vreemd nie en die geraas kan myle ver in die middernagtelike ure gehoor word. Dit is ‘n gevaarlike speletjie, maar skynbaar besef niemand dit nie – nie die jaers of toeskouers nie.
Ek was ook by dié onwettige byeenkomste as toeskouer en weddenskappe was gereeld op die spel.
(Die Tyger-Burger, 3 April 1996)

Polisie slaan toe by Tienie Meyer

Die verkeersdepartement en die Bellvillese Polisiediens het kragte saamgesnoer om 69 oortreders tydens ‘n jaery in Tienie Meyer-rylaan vas te pen. Die jaagtogte vind plaas tussen die verkeersligte by Landdrosstraat en Mike Pienaar-boulevard, naby die Bellville-groentemark.
Twee opgekikkerde motors kom teen mekaar te staan en snelhede van hier by die 200 km/h is glad nie ‘n vreemde gesig nie. Die toeskouers en deelnemers is hoofsaaklik jong volwassenes tussen 18 en 30.
Die polisie en verkeersdepartement wil hierdie onwettige jaery so gou as moontlik stopsit.
(Die Tyger-Burger, 10 April 1996)

Traanrook by onwettige jaery jaag almal op hol

‘n Skare van sowat 2 000 mense is met traanrook verwilder by nóg ‘n onwettige jaery in Tienie Meyer-rylaan nadat hulle nie gehoor wou gee aan waarskuwings deur die polisie nie. Daar was ongeveer 400 voertuie in die omgewing. Pogings om die jaery in ‘n georganiseerde manier by Killarney te laat plaasvind, het nie gewerk nie, want die mense wil nie luister nie.
Die onwettigheid van sulke byeenkomste is blykbaar die trekpleister.
Wat’s volgende? Rubberkoeëls? Lewendige ammunie? Dalk . . . weermagtênks?
(Die Tyger-Burger, 8 Desember 1999)