Tygerberg – Kubus Koning

Koning Kubus – “Wonderwerk” uit die Stinkfabriek

Kubus, waaroor die hele land in rep en roer is, is ‘n reklame-foefie!
Suid-Afrikaners het reeds meer as R100 miljoen in hierdie kwansuise konsep belê. Dit lyk asof die hele kubusbedryf binnekort in duie sal stort en duisende Afrikaners sal kort voor lank miljoene rande verloor.
Oral in die land sit mense gretig en wag vir hul sogenaamde “kubus-aktiveerders”. Die kubus-fabriek in Parow is waar die “verwerking” plaasvind. Op die wonderwerk wat daar plaasvind, bou duisende mense die laaste tyd hul drome van vinnige welvaart.
Rapport het die week gaan kyk wat aangaan by die kubusfabriek, wat uit vyf gehuurde saaltjies bestaan. Ons het sonder aankondiging en sonder om vooraf reëlings te tref daar opgedaag en sommer op eie houtjie rondgekyk.
Van die hele fabriek was saal drie die mees interessant. Hier is ‘n groot, elektriese meul sonder ophou aan’t dreun. Dit is hier waar die duisende pakkies kweeksel beland, ingestuur deur duisende oorgretige kwekers. Hier word die sogenaamde aktiveerder blykbaar “vervaardig”. In die verstikkende stank van vrot melk, kaas, gom en papier, skep werkers emmersvol van klein wit en bruin koevertjies. Hierin is niks anders as gedroogde blertse “kubus” nie. Hierdie blertse word dan aan die een kant van die meul ingegooi. Niks anders nie, net blertse.
Aan die ander kant kon ons sien hoe die koeverte met die inhoud in ‘n stroom geel vlokkies uitvloei. Houers vol word deur werkers na lang tafels gedra, waar dit deur rye vroue in groot koeverte afgemeet word. Niks anders word by hierdie gemaalde koeverte gevoeg nie.
Volgens kubus-base bevat hierdie koevert gemaalde gom, papier en kubus-goed – genoeg om 25 glase melk te laat gis. Hierdie “wonderwerk” in die koeverte het duisende mense oral in Suid-Afrika in vervoering. Hierdie stinkende gemors.
Rapport het een van die vroue wat daar werk gevra hoe hul die stank hanteer: “Dit is maar sleg vir die eerste week. Daarna raak ‘n mens dit gewoond. Ál ding is: sedert ek hier werk, eet ek nie meer kaas nie!”
(Die Rapport, 23 September 1984)

(more…)

Continue ReadingTygerberg – Kubus Koning

Tygerberg – Inry Teaters & Flieks

1906 – Eerste Bioskope in Bellville

Die Athenian-bioskoop het in ons jaar 1906 net wes van die ou Boston-hotel (die een wat nog ryperde voor die ingang gehad het) in Voortrekkerweg gestaan. Die rolprentteater se eerste vertoning het ‘n Movietone Newsreel gewys waarop hoogtepunte van Paul Roos se Springbokke teen die Skotse rugbyspan ingesluit het. Ene Frances du Plessis het besluit om haar Bruin dienskneg saam te vat om die rolprent saam met haar te gaan geniet. Die rolprent wat gedraai het, was een van daardie moord-en-doodslag tipes. Op een stadium tydens die vertoning het die skurk in die prent sy moordwapen opgelig om sy slagoffer te kap, maar toe spring die Bruin meisie opgewonde op en skreeu: “Nee! Moenie kap nie!”
(“Bellville” deur C.J. Scheepers Strydom, 1981, Nasionale Boekdrukkery)

(more…)

Continue ReadingTygerberg – Inry Teaters & Flieks

Tygerberg – Nuclear Attack ‘could mean chaos’!

Tygerberg – Nuclear Attack ‘could mean chaos’!

atoombom-ontplof-in-kaapstad

“Say goodbye to Cape Town!” An atomic bomb blast on Cape Town’s V&A Waterfront could very well look something like this – you like my scary artwork?


1958 – Universiteite Soek £600 000 vir kerninstituut

Planne word beraam om ‘n splinternuwe instituut vir kernnavorsing in Bellville op te rig, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad.
Die munisipaliteit van Bellville het reeds ‘n stuk grond vir die doel beloof.
(Die Burger, 14 Augustus 1958)


Defence plan urgent if World War III became a reality

Dr. J.P. de Villiers, medical officer of health of the Cape Divisional Counsel, told representatives yesterday that if World War III became a reality, Cape Town and its surrounding areas could be reduced to a mass of destruction and radio-active rubble, with people running wild and scared – complete chaos.
(The Cape Times, 21 August 1958)

(more…)

Continue ReadingTygerberg – Nuclear Attack ‘could mean chaos’!

Tygerberg – Groepsgebiedwet in Noordelike Voorstede

1955 – Twaalf Gebiede vir Nie-Blankes

Die Wes-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad het 12 nie-blanke groepsgebiede geadverteer en verhoor.  Die terrein is wes van DF Malan Lughawe, oos van die spoorlyn na die Kaapse Vlaktes en suid van die spoorlyn na Bellville. (Die Burger, 25 November 1955)

ACD Systems Digital Imaging

Die reuse-woonbuurt vir nie-blankes. (Die Burger, 25 November 1955)

Die Groepsgebiedwet van 1950 (later Wet 36 van 1966) het gestipuleer dat mense van verskillende rassegroepe in aparte woongebiede moet bly en dat natuurlike versperrings, soos riviere, of mensgemaakte versperrings, soos snelweë of spoorweë, die groepe moet skei.
(Reëlings vir afbakening van Groepgebiede in Parow is uitvoerbaar, Die Burger, 11 Mei 1955)

(more…)

Continue ReadingTygerberg – Groepsgebiedwet in Noordelike Voorstede

Parow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Parow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Die 1976 Soweto-opstande – mense het betoog oor die instelling van Afrikaans in meestal swart skole. Nie lank nie of betogings teen Afrikaans as onderrigtaal was landwyd.

100_44121

Vele drywers wat gister in De la Rey-weg in Ravensmead gery het, het erge skade gely toe hul voertuie deur erg omgekrapte nie-blankes met klippe gegooi is. Dié foto is op die hoek van Francie van Zyl-rylaan en De la Rey-weg geneem.
(Die Burger, 9 September 1976)


Polisie skiet betogers

Onluste het gister gewelddadig in die Kaapse middestad en verskeie bruin woonbuurte, veral in Tiervlei, voortgewoed ná ‘n naweek van relatiewe kalmte in die Skiereiland.
Minstens drie moeilikheidmakers is deur die onluste-polisie doodgeskiet – een op die Parade en twee in Tiervlei. Tientalle ander is met skietwonde en verskeie beserings in hospitale in die Skiereiland opgeneem. Die toestand van sekere skietslagoffers is kritiek.
Sowat 33 000 kleurling-hoërskoolkinders van 40 skole was afwesig. Kleurlingskole was bykans ‘n week gesluit.
Naby Guguletu het die polisie op sowat 300 skoolkinders van Heideveld losgebrand. Hulle het donshael gebruik nadat die oproerige kinders die swart woonbuurt wou binnegaan.
Toe die Onluste-eenheid die kinders wou keer, het die polisie onder vlieënde klippe deurgeloop. Die jonges het laat spaander toe die polisie hulle met haelgewere begin skiet het.
(Die Burger, 8 September 1976)

(more…)

Continue ReadingParow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Parow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels

Parow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels  is ‘n “skending van die natuur”

435994_111217023911_th-2-copy

Die reuse-gruisgat teen Tygerbergheuwels (net bo Lovers Lane en die N1) wat hier op Die Tygerberg boek se voorblad verskyn, is met honderde bloekombome toegeplant.


1955 – Gruisgat ontstig Tygerbergers

Die gruisgat teen Tygerbergheuwels word deur vooraanstaande Tygerbergse belastingbetalers beskryf as ‘n “skending van die natuur” en ‘n “onooglike wond”. Hulle dring aan dat hierdie aakligheid so gou as moontlik verwyder moet word. (Die Burger, 18 Oktober 1955)


1957 – Ons sal tot by die hoogste owerhede gaan

Die belastingbetalers van die Tygerberg voel die Tygerberg-gruisgat kan niks goeds vir hul gemeenskap inhou nie.
Die gat word gebruik vir gruisontginning en is ‘n ontsiering van die omgewing en die natuur.
Die burgemeester van Goodwood is gekant teen die sluiting van die gat. Die gruisgat-maatskappy soek £110 000-vergoeding voordat hulle die gat sal sluit. Belastinggelde sal dus nou verhoog moet word om hiervoor te betaal.
Is dit werklik die moeite werd om ons gat toe te maak?
(Die Burger, 26 Februarie 1957)

(more…)

Continue ReadingParow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels