Bellville – Tyger Waterfront en die ontstaan van die steengroewe

bellville-04

Die Tyger Waterfont (Julie 2008). Ek het ‘n Cessna-172 vliegtuig vir die dag gehuur, die deur laat afhaal en lugfoto’s van die hele Kaapse Skiereiland geneem. Wat ‘n fantastiese ondervinding was dit nie!
Kom ons gaan terug in tyd en dan vertel ek julle van die steengroewe se geskiedenis, daar waar ondermeer, die Tyger Waterfront vandag gebou is.

Gedurende die 1930’s is klei uitgegrawe en bakstene gemaak op twee terreine (later deel van Bellville), bekend as die “Hume”-gronde, en die grond besit deur die destydse “Brick and Clay”.
Die Hume-terrein is die gebied net noord van die N1-snelweg, waar die Bell’s Golf Academy vandag is, die gruisgat wat met water gevul is net langs dit, die area waar die Bellville-atletiekstadion en Velodrome is, Tygervallei- en Willowbridge-inkopiesentrums en waar die Tygerwaterfront vandag is.
Hierdie terrein het in die 1930’s natuurlik nog nie bestaan nie.
Aan die westekant van die Elsieskraalrivier is klip gemyn en betonprodukte vervaardig. Die steengroef was in die 1960’s al meer as 100 meter diep en steeds in gebruik.
Aan die oostekant is klei uitgegrawe en bakstene geproduseer. Die oorspronklike ontwikkeling is waar die atletiekstadion vandag is. Die duisende tonne klei is met ondergrondse tonnels langs gevoer na oonde wat reuse-baksteentorings bo die grond gehad het. Later is klei verder noord ook uitgegrawe, waar die Tygervallei-winkelsentrum vandag is.
In die laat 1960’s, vroeë 1970’s het ‘n gebrek aan klei tot gevolg gehad dat Hume Pipe Co. sy werkinge moes sluit. Barlow Rand het toe beheer oor Hume verkry. Die gevolg was ‘n 260 hektaar stuk geruïneerde grond, oorgroei met Port Jackson-bome, in die hartjie van Bellville se woonarea. Die vieslike area het vinnig in ‘n misdaadnes ontaard, en die polisie moes gereeld lyke wegry. Die diep steengroewe het vinnig met water opgevul, deur ondergrondse, sowel as bogrondse bronne. Dit was ‘n gevaarsone en verdrinkings is gereeld aangemeld.
Die Hume Pipe Co. het ‘n verdere twee stukke grond gehad wat vir nywerheidsdoeleindes gesoneer was. Toe Hume se finansiële posisie begin verswak het, het hulle probeer om die grond onder te verdeel in nywerheidserwe. Hulle het stadsbeplanners aangestel om die stuk grond te herbeplan. Ná ‘n sewe jaar lange periode van opposisie is die plan vir die herontwikkeling van die Hume-terrein finaal goedgekeur.
Intussen was groot veranderinge vir Bellville se SBD aan die kom. Die koopomgewing se koopkrag sou gedreineer word na omliggende gebiede. Terselfdertyd het die residensiële ontwikkeling met die groter koopkrag al verder noord geskuif. ‘n Streeksentrum sou dus ideaal wees op die Hume-terrein en dan ook help met die finansiering vir die rehabilitasie van die terrein.
Omstandighede op die Hume-gronde het afskuwelik verswak en die stadsraad het Barlow Rand R500 000 aangebied vir die aankoop daarvan (in die vroeë 1980’s).
Die Tygervallei-inkopiesentrum is voltooi toe Suid-Afrika se ekonomie een van sy ergste laagtepunte bereik het. Selfs vergeleke met groot winkelsentrums in Europa en Amerika, is Bellville se Tygervallei-sentrum (toe sowat ‘n derde in grootte van wat dit vandag is) uit die boonste rakke, veral wat aangename koopatmosfeer betref.
Intussen het die munisipaliteit die oorspronklike uitgrawing se grond gerehabiliteer en die binneshuise fietsbaan (tans die Velodrome) en aangrensende atletiekbaan gebou. Die ontwikkeling van die area tussen die fietsbaan en die Tygervallei-sentrum is telkemale vir een of ander praktiese rede gestuit. In die 80’s het die gevaar van informele nedersetters op groot stukke publieke grond baie werklik geword.
Die Universiteit van Stellenbosch was hard op soek na ‘n perseel vir ‘n satellietkampus. Die raad wou graag ‘n satellietkampus vir Bellville verkry vir die gerief van studente uit die Tygerberg. Die leë gronde wes van die Elsiesrivier was ideaal vir hierdie doel. Veranderinge het egter intussen ingetree op universiteitsgebied en ná ‘n paar jaar was die kampus nie meer waarskynlik nie.
Vandag is die Tyger Waterfront egter reeds ‘n geruime tyd voltooi en Bellville kan opreg trots wees op een van die bes-ontwerpte argitektoniese omgewings in die wêreld.

Die “Brick and Clay”-terrein

Hierdie area lê oos van Durbanweg, ‘n hanetreetjie noord van O’Kennedyville (waar High Street vandag is). Klei-uitgrawings en baksteenproduksie het op hierdie terrein plaasgevind en is selfs erger beskadig as die Hume-gronde. Tydens werksaamhede op hierdie terrein is daar orals klein uitgrawings gemaak wat later met bourommel gevul en met slegs ‘n lagie grond bedek is.
Nadat werksaamhede hier gestaak is, het informele nedersetters selfs in die bosse daar rond kom intrek, wat natuurlik die Eversdal- en Rosendal-inwoners baie slapelose nagte verskaf het. Gelukkig is die gebied toe vir R2,8 miljoen verkoop, maar die inwoners van Eversdal was ontstoke, aangesien kommersiële ontwikkeling in die area tot ‘n toename in verkeer sou lei. Daar is toe besluit om ‘n parkstrook tussen die nuwe kommersiële area en die woonbuurte op te rig en so is almal toe gelukkig.
Dít is die afsluiting van Durbanweg se ontwikkeling tot wat vandag as die Goue Myl bekend staan.


Poef-Poef Kosie ontspoor finaal

BELLVILLE – Die welbekende ou stoomtreintjie Poef-Poef Kosie het verlede week sy laaste stoom geblaas. Kosie, blink gepoets vir die afskeid, het hees gehyg en skril gefluit. Dit was sy finale tog in die 30 jaar wat Kosie die Steengroefroete aangedurf het. So gereeld soos klokslag het hy elke Vrydagmiddag 14 strate gekruis – vanaf die gruisgroef deur Oakdale na die Bellville-stasiewerf.
Kosie het 1000e motorryers die afgelope 30 jaar vererg. Motors moes in lang toue wag wanneer Kosie verbygestoom het. Dit was die beste wyse om gruis en klippe uit die nou reeds lank-geslote steengroef (vandag se Tyger Waterfront) na die hoofspoorlyn te vervoer.
(Bylae, Die Burger, 6 Oktober 1978)

100_4585

ACD Systems Digital Imaging

‘n Grafiese voorstelling van waar die destydse spoorlyn (rooi lyn) geloop het. Die rooi lyn, wat regs op die kaart gesien kan word, het vanaf Bellville-stasie, deur die woonbuurt Oakdale, onderdeur die N1-snelweg, tot by die destydse steengroef, geloop. Dit mag dalk moeilik wees om te glo, maar hierdie 3km-lange treinlyn is reeds in 1902 gebou en eers in die 1980’s verwyder, etlike dekades ná die steengroef gesluit is. Die geel lyn is Voortrekkerweg, die groen lyn is Durbanweg en die lig blou is die N1 snelweg. Die boonste donkerblou sirkel is waar die treinspoor onder deur die N1 loop; die middeste sirkle loop die treinspoor oor Durbanweg en die onderste sirkel loop die trein oor Voortrekkerweg.


Die tronk langs die steengroef

‘n Groot tronk is naby die steengroef gebou. Dit waar die Willowbridge-inkopiesentrum vandag pronk. Tydens die 1930’s is die arbeidstasies by Blouberg, Vissershok, Goede-ontmoeting en Milnerton gesluit. In 1936 is die tronk met die geldelike steun van die Spoorweë gebou. Die Spoorweë wou – in ruil vir die bou van die tronk – die verskaffing van gebreekte klip hê. ‘n Aantal van 600 gewoontemisdadigers of gevangenes, gevonnis tot harde arbeid, is in Elsieskraalvallei aangehou om “klip te breek”.
Die tronk is finaal in Augustus 2003 afgebreek nadat dit vir ‘n paar jaar as besigheidsterrein gedien het.
(“Die Tygerberg”-boek deur N.M. du Plessis, 1998, Tafelberg-Uitgewers Beperk)


Herrie oor ‘n gevangenis in Bellville

Toe die Bellville-gevangenis in die dertigerjare opgerig is, het buurt-inwoners wat naby die tronk gebly het, taamlike sterk weerstand probeer bied. Die bandiete kon dalk ontsnap en verdere misdade pleeg.
Die bandiete het almal klip gekap in die steengroef waarlangs die tronk gebou is. Die apartheidsregering het baie groot geglimlag, aangesien baie goedkoop klip – die goedkoopste klip wat die Spoorweë in die land kon ontgin – uit Bellville verkry is. Die klip is vernaam gebruik om die Kaapstadse dokke uit te brei.
Die gevangenis was vir 40 jaar in gebruik voordat die bandiete verplaas en die steengroef en ou tronk gesluit is. Behalwe vir ‘n paar ontsnappings het die inwoners van Bellville nooit probleme met die bandiete ervaar nie. Baie inwoners het nie eens besef dat daar ‘n tronk daar was nie.
(“Bellville” deur C.J. Scheepers Strydom, 1981, Nasionale Boekdrukkery)
Vandag is Dros, Fruit en Veg City en Willowbridge Centre op die perseel waar die destydse tronk was.

100_4514

Bandiete besig om klippe te kap in die steengroef

Dié foto is in die vyftigerjare geneem. Die bandiete dra langmoupakke met die herkenbare swart en wit strepe, tipies van gevangene-drag daardie jare.
(Foto van die Nasionale Biblioteek se foto-argief)


100_4584

(Foto van steengroef uit die Cape Argus, 15 Mei 1976)

100_4494

Dié foto van Die Burger is op 19 Julie 1972 van die destydse “Brick and Clay”-baksteenfabrieksterrein geneem vanaf ‘n heuwel. Vandag se Tyger Waterfront-dam is net regs van die toring regs op die foto. Tafelberg is regs bo te sien.


Ervare duikers se lyke gevind

Die lyke van S. Gerber en D. Marchinkowki is gister deur ‘n duikspan sowat 55m diep uit die watergevulde steengroef gehaal. Daar was nog lug in albei se duikbottels. Daar word vermoed dat hulle stikstofnarkose – wanneer ‘n duiker sy sin vir die werklikheid verloor – opgedoen het.  Een van die duikers se flitslampe het nog gebrand toe die lyke gistermiddag na die oppervlakte gebring is. (Die Burger, 29 April 1985)

Mystery as divers die – (The Cape Times, 28 April 1985)
Death in quarry – (The Cape Argus, 29 April 1985)
Maak gruitsgat verbode, sê kenners – (Die Burger, 29 April 1985)


100_4583

Dié modderbesmeerde Opel Monza is in 1997 in Durbanville gesteel en vyf jaar later in die watergat by Tygervallei gekry. Daar word vermoed die eienaar wou nie sy “effens” vuil kar teruggehad het nie.  (Foto uit Die Burger, 12 Maart 2002)


Far East eyes R250m Bellville waterfront

SINGAPORE-based property developers are negotiating a R250 million deal with consulting engineers for the development of a waterfront on the land opposite the Tygervalley shopping mall.
A Chinese delegation, who visited the area earlier this month, have also shown interest in developing this area that has been an eyesore for so long.
Bellville’s new Waterfront will showcase elements of Cape Town’s V&A Waterfront and Johannesburg’s Bruma Lake. There will be upmarket residential complexes, office suites and an entertainment centre with cinemas and restaurants, as well as a theatre. The water areas will accommodate a ferryboat and a pleasure cruiser.
(It sounds amazing! But what ever happened to some of these terrific ideas?)
Andre Ekermans of BKS, consulting engineers, remarked that the terrain offered interesting prospects, as it had easy access and was aesthetically attractive. The cliffs provide a water cascade and a stunning backdrop to the waterfront. The other side has a flood plain which could accommodate a variety of homes, office buildings and entertainment facilities.
(Cape Times, 23 August 1994)


Second “Waterfront” Planned

Watersports, theatre, cinemas and picnic site planned!
A waterfront is to be developed in Bellville, at the old quarry, below Tyger Valley Centre and is likely to be called Watergate. Two dams, approximately six hectares in size, that has been there since the days of the old prison, are on the site. The larger of the two dams is almost 100 metres deep. The western side is banked by a steep rockface, some 65 metres high.
Other suggestions for the site are floating restaurants, pubs, movie theatres, a a drama theatre, residential, commercial and office developments, a conference centre, watersport facilities and a picnic area.
(Cape Times, 29 March, 1995)
(As we now know, the floating restaurants, movie theatres, watersport facilities and the picnic area never saw the light.)

ACD Systems Digital Imaging


Namibiër gaan Waterkant van R600 miljoen bou

Tygerberg inpomp met die ontwikkeling van die destydse Hume-gronde. De Lange het die 23 ha stuk grond – wat destyds aan die Spoorweë behoort het – by die Universiteit van Stellenbosch gekoop en hy gaan dit in samehang met ‘n oorsese vennoot ontwikkel. Die projek gaan by die R600 miljoen kos en sal binne die volgende vyf jaar voltooi wees. (Die Burger, 1 Junie 1995)


Bellville Waterkant-inspuiting vir hele Wes-Kaap

‘n Asemrowende waterfront van R600 miljoen gaan hier ontwikkel word. Dit behoort ekonomiese voordele vir die hele Wes-Kaap te lewer en talle besoekers sal oorsese toeriste na die Tygerberg te lok en dít sal natuurlik van onskatbare waarde vir die area wees.
Die terrein het hoë rotswande en twee groot damme, waarvan een die destydse steengroef. Die gebied is sowat 6 ha in grootte en lê in die hartjie van die terrein. By die Suidelike dam sal besoekers hulself kan besig hou met aktiwiteite soos visvang, roei, seil en afstandbeheerde bootjies. (Dié dam is toe later toegegooi en die goeie idees is ook toe maar daarmee onder die mat gevee.)
(Die Burger, 3 Junie 1995)

100_8662

(Voorstelling: Die Burger, 3 Junie 1995)


Ontwikkeling van Bellville Waterfront weer op koers

Die konstruksie aan die R350 miljoen Tyger Falls Waterfront-projek in Bellville is weer op koers.
Die bekende ontwikkelingsmaatskappy Monex Bpk. beplan om 30 kantoorgeboue van verskillende groottes te ontwikkel. ‘n Hotel (wat nooit die lig gesien het nie) en restaurante sal ook deel wees van die ontwikkeling. ‘n Waterval wat oor ‘n 50 meter hoë afgrond van die steengroef sal val, sal blykbaar aangelê word. (Die Burger, 29 Maart 1999)

tyger-waterfront-01

www-propertysite-co-zatyger_waterfront-foto-2000

Die langwerpige dam net onder die groot dam is heeltemal toegegooi. Tygervallei-inkopiesentrum is regsbo in die hoek, met die Velodrome en atletiekstadion regs onder.
(Aerial photo taken in 2000: propertysite.co.za/tyger_waterfront)


Konstruksie van die Tyger Waterfront het begin

die-eerste-gebou-die-cascades-word-by-die-tyger-waterfront-opgerig

Die eerste gebou (die Cascades) word by die Tyger Waterfront opgerig. Hier het ek amper my gat gesien toe ek die foto neem en amper van die styl kraans bliksem. Ek het my skoen hier iewers in die gras verloor. As iemand dit dalk gevind het, dis ‘n rooi en wit, nommer 10½ Nike regterskoen.