Parow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Parow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Die 1976 Soweto-opstande – mense het betoog oor die instelling van Afrikaans in meestal swart skole. Nie lank nie of betogings teen Afrikaans as onderrigtaal was landwyd.

100_44121

Vele drywers wat gister in De la Rey-weg in Ravensmead gery het, het erge skade gely toe hul voertuie deur erg omgekrapte nie-blankes met klippe gegooi is. Dié foto is op die hoek van Francie van Zyl-rylaan en De la Rey-weg geneem.
(Die Burger, 9 September 1976)


Polisie skiet betogers

Onluste het gister gewelddadig in die Kaapse middestad en verskeie bruin woonbuurte, veral in Tiervlei, voortgewoed ná ‘n naweek van relatiewe kalmte in die Skiereiland.
Minstens drie moeilikheidmakers is deur die onluste-polisie doodgeskiet – een op die Parade en twee in Tiervlei. Tientalle ander is met skietwonde en verskeie beserings in hospitale in die Skiereiland opgeneem. Die toestand van sekere skietslagoffers is kritiek.
Sowat 33 000 kleurling-hoërskoolkinders van 40 skole was afwesig. Kleurlingskole was bykans ‘n week gesluit.
Naby Guguletu het die polisie op sowat 300 skoolkinders van Heideveld losgebrand. Hulle het donshael gebruik nadat die oproerige kinders die swart woonbuurt wou binnegaan.
Toe die Onluste-eenheid die kinders wou keer, het die polisie onder vlieënde klippe deurgeloop. Die jonges het laat spaander toe die polisie hulle met haelgewere begin skiet het.
(Die Burger, 8 September 1976)

(more…)

Continue ReadingParow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow

Parow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels

Parow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels  is ‘n “skending van die natuur”

435994_111217023911_th-2-copy

Die reuse-gruisgat teen Tygerbergheuwels (net bo Lovers Lane en die N1) wat hier op Die Tygerberg boek se voorblad verskyn, is met honderde bloekombome toegeplant.


1955 – Gruisgat ontstig Tygerbergers

Die gruisgat teen Tygerbergheuwels word deur vooraanstaande Tygerbergse belastingbetalers beskryf as ‘n “skending van die natuur” en ‘n “onooglike wond”. Hulle dring aan dat hierdie aakligheid so gou as moontlik verwyder moet word. (Die Burger, 18 Oktober 1955)


1957 – Ons sal tot by die hoogste owerhede gaan

Die belastingbetalers van die Tygerberg voel die Tygerberg-gruisgat kan niks goeds vir hul gemeenskap inhou nie.
Die gat word gebruik vir gruisontginning en is ‘n ontsiering van die omgewing en die natuur.
Die burgemeester van Goodwood is gekant teen die sluiting van die gat. Die gruisgat-maatskappy soek £110 000-vergoeding voordat hulle die gat sal sluit. Belastinggelde sal dus nou verhoog moet word om hiervoor te betaal.
Is dit werklik die moeite werd om ons gat toe te maak?
(Die Burger, 26 Februarie 1957)

(more…)

Continue ReadingParow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels

Parow – Sanlam-sentrum

1972 -Die Sanlam-sentrum in Parow open sy deure

100_4337

So het dit eergister gelyk in die binnehof van Sanlansentrum, die nuwe inkopieparadys in Parow, kort nadat dit deur die burgemeester van Parow geopen is. Die winkelsentrum het ‘n ongelooflike 55 winkels. Sedert die opening het sowat 40 000 mense al deur die sentrum se deure gestap.
(Die Burger, 28 Oktober 1972)


1975 – Inkopiemalligheid  toe kopers begin stormloop

Dit was inkopiemalligheid toe twee groot winkels in Parow en Claremont gisteroggend vrieskaste teen R50 en seunsbroeke teen net 50c verkoop het.
‘n Massiewe massa mal inkopiegangers het gisteroggend by twee takke van ‘n bekende winkel se winteruitverkoping amok gemaak. In Parow het vele reeds sedert eergisteraand voor die winkel tougestaan. Die winkel se groot vensters het gisteroggend byna gebreek onder die druk van sowat 600 mense wat net wou in om hul swaarverdiende salarisse te spandeer. Die personeel het grootoog die minute afgetel voordat hulle die deure uiteindelik oopgemaak het.

(more…)

Continue ReadingParow – Sanlam-sentrum

Parow-rolskaatsbaan sorg vir wêreldrekord

Parow-rolskaatsbaan sorg vir wêreldrekord

pinterest90395ce09a1994e881ba89c423c2b5d8

Foto’s: Pinterest

Tygerberg se rolskaatsbaan in Parow is gebruik om ‘n wêreldrekordpoging aan te durf om te sien wie die langste sonder ophou kan rolskaats. Die vorige wêreldtyd-rekord in hierdie sport was 97 ure en ‘n groep van 96 geesdriftige deelnemers het Maandagoggend vroeg die baan betree in hul poging om die wêreldrekord te oortref in dié marathon-kompetisie.
Ná 83 uur was die twee voorlopers in die marathon ‘n huisvrou van Parow en ‘n 22-jarige grofsmid van Heathfield.
Die rolskaatsmarathon was vol drama en opwinding, soos verwag kan word van ‘n skaatskompetisie wat vir vier dae en vier nagte aanhou.
Sommige deelnemers het selfs op hul skaatse aan die slaap geraak, sommer so terwyl hul aan’t skaats was, terwyl ander skaatsers eenvoudig inmekaar gestort het weens uitputting, of handdoek moes ingooi. Party rolstaatsers het selfs naaldwerk gedoen om hulle uit die slaap te hou.

(more…)

Continue ReadingParow-rolskaatsbaan sorg vir wêreldrekord

Parow – Interessante gebeurtenisse vanaf 1657

Parow – Interessante gebeurtenisse vanaf 1657

1657   Eerste blankes trek deur die gebied waar Parow vandag is.
1865   Skeepskaptein Parow, stigter van Parow, se skip vergaan in Tafelbaai.
1886   Kaptein Parow bekom plase waarop Parow gevestig word.
1903   Kaptein Parow lê hoeksteen van eerste skool – tans Parow Laerskool.
Dorpsbestuur van Glen Lily, Fairfield en Parow kom tot stand.
1904   Planne vir eerste hotelle goedgekeur: Parow Hotel en Central Hotel.
(Parow Hotel gesloop in 1974.)
1905   Die eerste kerkgebou, naamlik dié van die N.G. Kerk, in Sarel Cilliersstraat opgerig.
1907   Eerste bakkery.
1910   Parow se eerste verkeersoortreder word R1,00 elk op twee aanklagte beboet.
1914   Eerste apteker in Parow.
1915   350 geboue al in Parow se dorpsgebied.
1917   Dr. D.F. Malan lê hoeksteen van die Nasionale Saal.
1918   Groot Griep eis baie lewens in Parow. Die Nasionale Saal enigste plek waar lyke
gehou kon word.
1921   Eerste fabriek (Plywoods) begin met produksie.
1925   Eerste kraanwater beskikbaar.
1928   Elektriese kragskema goedgekeur – 80 verbruikers en 25 straatligte.
1930   Eerste sypaadjies in Voortrekkerweg, van beton.
1939   Parow word munisipaliteit.
1949   Begin met konstruksie van rioolskema.
1951   Parow-Noord-swembad word voltooi. (Die eerste munisipale swembad in die Tygerberg).
1952   Kaapstad is 300 jaar oud. Parow neem deel aan die reusagtige Van Riebeeckfees in die Kaap.
1955   Eerste dorpswapen aangekondig.
Eerste ampsmotor, met die registrasienommer CY 1, vir die burgemeester gekoop.
Burgersentrum deur dr. D.F. Malan geopen.
Op 25 Oktober word eerste erwe in Parow-Noord verkoop.
1958   Op 31 Januarie word Parow ingevolge die Wet op Groepsgebiede geproklameer.
1961   Parow se eerste behuisingskema vir kleurlinge – 329 huise.
1962   Parow kruis die N1 nasionale pad vir die eerste keer met beoogde ontwikkeling.
Bouwerk begin aan die Tygerberg-hospitaal, toe een van die grootste hospitale in die wêreld.
1968   Munisipaliteit kry sy eerste rekenaars.
1974   Tiervlei se naam verander na Parowvallei.
1978   Kanalisering van Elsieskraalrivier deur Parow voltooi 43 jaar nadat eerste onderhandeling begin is. Uiteindelik, geen meer oorstromings nie!
2003   Parow raak 100 jaar oud.

(more…)

Continue ReadingParow – Interessante gebeurtenisse vanaf 1657