Goodwood – Interessante Berigte vanaf 1939

Nazi’s in Cape Town?

100_7871

1939 – There is a Nazi airplain in Cape Town? What’s going on here? I couldn’t believe what I saw. This extraordinary photo appeared in the book Wingfield, by Gerry de Vries, published in 1991.


Wingfield-lughawe

wingfield-airport-early-1950s

Foto: Wingfield-lughawe (vroeë 1950’s) – flickr.com

Die Wingfield-lughawe was aanvanklik Kaapstad se primêre Munisipale lughawe. Daarna was dit die sogenaamde Lugmagstasie Wingfield onder die Suid-Afrikaanse Lugmag voordat dit as ‘n basis deur die Britse Vloot gebruik is.
Soos die jare verbygestoomroller het, het die Tweede Wêreldoorlog-era-terrein naby Goodwood, Wingfield, en sy lughawe en lugmagbasis relatief vinnig agteruitgegaan, soveelso dat dit vandag nie eens meer bestaan nie nie. Nadat die SA Vloot se tegniese opleidingskool, saam met sy depots, na ‘n splinternuwe fasiliteit in Simonstad geskuif het, was Wingfield se dae basies getel.
Die DF Malan-lughawe (die Kaapstadse Internasionale lughawe) het reeds in 1954 sy deure geopen om Wingfield-lughawe as die streek se primêre lughawe te vervang.
(Bron: Wikipedia)


What happened to the Wingfield skyscrapers?

wingfield-skyscrapers

The highest building in Cape Town is to be erected on the Wingfield grounds in 1990. The building complex will have the best views in Cape Town and will be seen from everywhere in the Peninsula.
First there was Hollywood in Los Angeles, then Bollywood in India, then Nollywood in Nigeria and now there is Goodwood in Cape Town. A gigantic film studio will be erected next to the highest of the high-rises, with more than 20 studios.
Goodwood Film Studios will also have its name on Tygerberg Hills, just like the Hollywood sign in Los Angeles.
Plattekloof residents, however, are up in arms about these new developments.
The 550 m high-rise is set to cost R4 billion of taxpayers’ money and is to be constructed by Dream Big Projects.

Maybe this is what Cape Town would look like in the year 2050 . . . or maybe not . . .


1971 – Republiekdag

south-africa-celebrated-her-10th-year-as-a-republic-in-may-there-were-many-spectacular-sights-during-the-festival-such-as-a-military-procession-at-goodwood

In Mei het Suid-Afrika sy tien jaar herdenking as a republiek gevier. Daar was vele indrukwekkende gebeurtenisse tydens die fees – soos ‘n militêre tentoonstelling deur die strate van Goodwood.
(Foto: digitalcollections.lib.uct.ac.za)


1978 – Pinball en videospeletjies word verban

Ondanks die verbod op spykertafels, spandeer Tygerbergse skoolkinders en jongmense maandeliks om en by R30 000 op die meer as 100 gelisensieerde spykertafels in dié area. Volgens statistiek is die ure wat in een maand só agter die tafels en masjiene bestee word meer as ‘n jaar se werksdae! (Bylae tot Die Burger, 7 April 1978)

1981 – Goodwood verbied TV-speletjies

Die einde is naby vir spykertafels en TV-speletjies vir eienaars in Goodwood. Die Goodwoodse stadsraad het besluit dat sulke speletjies in die dorp verbied sal word.
“Dis ‘n euwel in ons gemeenskap,” was raadslid Joe Hatting se kommentaar, toe die saak ter tafel geneem is. “Kinders steel selfs hul ouers se geld om hierdie soort speletjies te kan speel.”
(Tyger Burger, 22 Mei 1981)

100_4498

1988 – Streng optrede teen videospeletjiespelers

Die terugvoer wat die stadsraad van skoolhoofde en sielkundiges gekry het, was as volg:

  • Die speel van video games kan lei tot emosionele afstomping;
  • ‘n Swak postuur en liggaamshouding kan na geruime tyd ontwikkel;
  • Dié speletjies is verslawend en vang kinders vas; dit hou hulle vir ure lank besig, en lei tot die verlies van kosbare tyd wat weer lei tot skoolwerk wat nie gedoen word nie;
  • Lummels en skobbejakke hang gereeld uit by hierdie masjiene, en die jonger kinders word dikwels afgeknou, deur hul bv. met sigarette te brand of hul sakgeld te steel;
  • Kinders leer om te dobbel; hulle het geen idee meer wat die waarde van geld is nie;
  • Ledigheid – die duiwel se oorkussing: Kinders hang gereeld by sulke euwel plekke uit omdat hul ouers nie die kind se belange en behoeftes in ag neem nie;
  • Die kinders wat by die masjiene uithang, is meestal ook dié leerlinge wat op skool swak vertoon en in baie gevalle reeds persoonlike probleme het;
  • Daar is bevestigde gevalle waar leerlinge op Sondae hulle kollektegeld gedurende kerktyd op dié masjiene verkwis; (Dis iets wat ek gereeld gedoen het toe ek op laerskool was. As jy geld nodig het om jou high score te verseker, of om by die volgende “level” uit te kom, soek jy orals geld, ja, selfs kollektegeld – “desperate times, good times”.)
  • Negatiewe akademiese gedrag word gekweek deur stokkiesdraaiery, huiswerk wat nie klaar gedoen word nie, swak skoolprestasies en kan selfs lei tot vroegtydige skoolverlating;
  • Oor die algemeen is dit juis die leerlinge wat akademies swakker vertoon wat hul tyd met dié speletjies vermors. Die speletjies is ‘n verkwanseling van waardevolle tyd en energie.

(Bron: Tyger-Burger, 19 Augustus 1988)

(Vandag het die N1 Stad-winkelsentrum meer as 300 videospeletjies in hul Wonderland-area.)


Goodwood word 75

0-2-goodwood-embleem-2

Goodwood se dorpsembleem.

100_4604

Absoluut ongelooflik! Goodwood word 75 en almal vier saam fees! Om en by 5 000 leerlinge van ál Goodwood se skole het dié reuse-feesembleem – Goodwood 75 – saam uitgevoer. Dit het die leerlinge baie lang en uitmergelende ure se geoefen gekos, maar soos duidelik gesien kan word, is die eindproduk niks kort van asemrowend nie.
(Die Burger, 17 Oktober 1980)


Help! There are 100 snakes in my house!

100_4606

Neville and Hester Rigby of Vrijzee have never had a break-in and it’s rather easy to guess why. They are the prowd owners of no less than 103 snakes on their property, seven of them huge pythons, two of which can be seen here with Hester. The collection includes puff-adders, Egyptian cobras, king snakes, egg eaters, night-adders, rat eaters and many more. Burglars beware! Tsssss… (19/20 Cape Augustus 1995)


Name change prank causes a stir

100_4608

Goodwood residents woke yesterday to find that Betsie Verwoerd Street had been renamed Winnie Mandela Street overnight. Residents said that they had anticipated that their neighbourhood street names would change, but were still taken aback that it had happened as swiftly as the day of Mr Nelson Mandela’s inauguration. Pranksters had glued the new name over the old one on Tuesday night. Many residents commented that they had learnt to accept the name Betsie Verwoerd Street over time, but Winnie Mandela was taking it a bit too far. (The Cape Times, 12 May 1994)


Die verdwyning van Liezl-Mari Goosen

100_4416

 

 

 

 

 

 

 

 

 

100_4503

Die Goosen-familie van Goodwood het gister verskriklike slegte nuus ontvang toe die oorskot van hul 13-jarige dogter, Liesl-Marie, in bosse by ‘n steenmakery by Tableview gevind is, sowat sewe maande nadat sy verdwyn het.
Die gr.8-leerling is laas op 22 Januarie, omstreeks 14:30, gesien toe sy haar ouerhuis verlaat vir om ‘n atletiekoefening by haar skool, die Hoërskool J.G. Meiring in Goodwood.
‘n Reuse-soektog van weke het absoluut niks opgelewer nie.
Gister omstreeks 15:30 is die gru-ontdekking van die skraal tienermeisie se geraamte deur drie jong mans gemaak toe hulle met ‘n hond aan’t stap was.
Liesl-Marie is uitgeken aan die ligblou skoolfrokkie, swart fietsrybroekie en tekkies wat sy die dag van haar verdwyning aangehad het.
Die polisie was gister laat nog op die misdaadtoneel om die toneel te fynkam.
(Die Beeld, 28 Augustus 1997)

***Ek het verbasend baie navrae oor hierdie spesifieke berig gekry , almal wou weet wat het jare later verder gebeur, maar dis al wat ek van hierdie opspraakwekkende storie kon kry.


Konsternasie oor wulpse beeld in Goodwood

voortrekker-road-goodwood-11

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

voortrekker-road-goodwood-12

‘n Goodwoodse motorhandelaar is deur die Stad Tygerberg beveel om ‘n advertensiestandbeeld (ter waarde van R100 000) te verwyder.
Volgens verskeie inwoners van Goodwood het die standbeeld te veel, of liewer te min om die lyf. Die rondborstige “Titanique”, ‘n vier meter hoë borsbeeld van ‘n jong dame, het sedebewakers en ‘n hele paar inwoners rooi laat sien en het hulle by die stadsraad hul stemme gaan dik maak.
(Die Burger, 26 Oktober 1999)

Beeld van kaal vrou erg onder skoot

Die afskuwelike kaalborsvrou, met die klem op haar kaal borste, het vele klagtes van Goodwood-inwoners ontlok.
Belastingbetalers het hul stemme saam dik gemaak en gesê dat dele van Voortrekkerweg alreeds “ ‘n loopplank vir prostitute is” en dat die kaalborsbeeld net sulke aktiwiteite verder aanmoedig.
(Die Burger, 1 Desember 1999)


Van klein supermark tot 7-Eleven-kettingwinkels

100_4569

7-Eleven winkel in Miltonweg, Goodwood.
(Bylae, Die Burger, 11 Desember 1981)

Mnr. Hadjidakis, of “Mr George”, soos dié vriendelike man orals bekend is, het in 1967 ‘n klein supermark op die hoek van Voortrekker- en Beaufortweg oopgemaak. Dit is een van agt sulke klein supermarkte in die Tygerberg.
Die eerste 7-Eleven is in 1974 in Miltonweg, Goodwood, geopen. Die naam van die eerste winkel, George’s Superette, het hierop verander. Soos die naam aandui, is die winkel tussen seweuur die oggend en elfuur die aand oop vir kliënte. (Bylae, Die Burger, 11 Desember 1981)

img_8053

Die 7-Eleven-kafees is gebaseer op die Amerikaanse winkels en George glo dit word nou alledaags in Suid-Afrika. Die vreeslik suksesvolle 7-Eleven-korporasie in Amerika het vergeet om hul naam in Suid-Afrika te registreer en George het dié geleentheid aangegryp.
Die eerste 7-Eleven het reeds in 1973 sy deure geopen.
‘n Stewige 23 nuwe 7-Elevens is verlede jaar oopgemaak en 11 sover vanjaar – 71 in die Wes-Kaap. Nóg 14 winkels word vir voor die einde van die jaar beplan.
Die Hadjidakis-familie is beslis aan die kook en besit tans 22 van dié kafees, terwyl die ander 49 franchises is.
(Northlands News, 26 Julie 1995)