Tygerberg – Inry Teaters & Flieks

1906 – Eerste Bioskope in Bellville

Die Athenian-bioskoop het in ons jaar 1906 net wes van die ou Boston-hotel (die een wat nog ryperde voor die ingang gehad het) in Voortrekkerweg gestaan. Die rolprentteater se eerste vertoning het ‘n Movietone Newsreel gewys waarop hoogtepunte van Paul Roos se Springbokke teen die Skotse rugbyspan ingesluit het. Ene Frances du Plessis het besluit om haar Bruin dienskneg saam te vat om die rolprent saam met haar te gaan geniet. Die rolprent wat gedraai het, was een van daardie moord-en-doodslag tipes. Op een stadium tydens die vertoning het die skurk in die prent sy moordwapen opgelig om sy slagoffer te kap, maar toe spring die Bruin meisie opgewonde op en skreeu: “Nee! Moenie kap nie!”
(“Bellville” deur C.J. Scheepers Strydom, 1981, Nasionale Boekdrukkery)


(1959 – 1992)  Die reuse Goodwood-inryteater

Die Goodwood-inryteater het op 13 April 1959 geopen en eers hier rondom 1992 vir een of ander ontwikkeling gesluit.
In ‘n stadium was dit die grootste teater van sy soort. Dit het selfs in die Guinness Book of Records van daardie jare gepronk as die inryteater met die grootste skerm in die wêreld.
Die film The Love Bug het ook daar vertoon en een aand het rolprentgangers met meer as ‘n duisend Kewers vir die vertoning opgedaag – daai jare nóg ‘n Guinness-wêreldrekord.
Saans het dosyne Cortinas, Valiants, Anglias en Fairmonts voor die reuse-skerm geparkeer om gereed te maak vir nóg ‘n bobaas-vertoning. By dié rolprent-ervaring kon bioskoop-liefhebbers allerhande stoute dinge aanvang wat hulle nie in ‘n rolprentteater kon waag nie. Jy kon sommer enige tyd rook, die kinders kon lawaai en kattemaai en jy kon op jou kampstoel naby jou kar sit en die buitelug geniet. Jy kon selfs braai en natuurlik, as jy lus was, lekker in die kar vry.
Vanaand kos dit slegs R2 per motorkar om ‘n sogenaamde double feature by die Goodwood-, Skyvue- of Seabreeze-inry te geniet. Dié ongelooflike gebeurtenis val saam met die bekendstelling van ‘n splinternuwe en tegnologies-gevorderde klankstelsel by die inrybioskope. Fliekflooie sal voortaan met hul motorkar- of draagbare radio’s kan inskakel op die fliek se klankbaan.
(Die Burger, 18 September 1992)


1967 – Sloping van die eenigste bioskoop in Belville

1967-sloping-van-die-eenigste-bioskoop-in-belville-02

Die foto was in ‘n die Masterson-plakboek, in die Bellville biblioteek-argief. Daar was geen berig by nie.


1969 – Skyvue Drive-in Cinema, Kuils Rivier

The biggest drive-in cinema (Skyvue) this country has ever seen will open in December of this year in Kuils River. Construction costs are rumoured to be close to £65 000.

If you’re a family man, the drive-in is the place you want to be after a long, hard day at the office. At the bioscope, you can’t go dressed as you please. Jacket and tie are the norm, but at the drive-in, heck, you can arrive in your casuals and no one would say a word. Say what?! What’s even better, you do not even have to get out of your car.
(Cape Times, 17 Augustus 1969)

Fliekpryse verminder

Die toegangsprys by die inryteater Skyvue in Kuilsrivier van R14 per voertuie word tot R7 gehalveer – skynbaar om ‘n tekort aan belangstelling in dié ouderwedse manier van fliekkyk te probeer fnuik.

Die volgende rolprente word in die skoolvakansie gewys:
3 tot 9 Julie:       House Party & My Cousin Vinny
10 tot 16 Julie:   No Hero & Agter Elke Man 
17 tot 23 Julie:   Gladiator & Terminator II
(Die Burger, 2 Julie 1992)

Skyvue nou ook op die ashoop!

Die inry is dood! Lank lewe die inry! TV, video en nuwerwedse fliekteaters het lank reeds gedreig om die inry-bioskoop niks meer as ‘n lankvergete droom te maak nie… en nou het die ondenkbare gebeur. Die laaste inry-teater in die Kaap het in die stof vergaan nadat die groot skerm verlede jaar sonder enige hoohah of fanfare gesloop is.

O, die klassieke rolprente wat ons nie by die inryteater geniet het nie. Ja, hulle was net so klassiek by die rolprentteater, maar daar was iets aan die karakter van die inrybioskoop wat aan hulle net soveel meer fleur gegee het. Dink maar aan legendariese akteurs soos Marlon Brando, Clint Eastwood en Terence Hill en Bud Spencer, soveel groter as lewensgroot op daardie reuse-silwerdoek wat soos ‘n wolkekrabber teen die aandlig getoring het.
Sodra daardie langsaan-geparkeerde motorkar se vensters begin opwasem het, het ek, jy en Boet en Saartjie in die ander kar langsaan altyd ons nekke uit lit gegooi om te sien of ons kon gewaar wat agter daardie vensters aangaan. Met die eerste teken van ‘n slaapkamertoneel was Ma of Ouma in jou gesigsveld om vir jou ‘n lekker koue frikkadel of hoenderboudjie aan te bied.
O, ja! Die kos! Dit was nie net absoluut verbeeldinglose happies soos vandag se springmielies en Smarties nie. Nee, jou inry-ervaring was nie voltooid voordat jy nie eers hul cholesterol-verhogende, maar tog mondwaterende hamburgers, slaptjips en worsrolletjies geniet het nie. Die kinders van vandag kan eenvoudig nie in dieselfde liga saamgesels nie, maak nie saak wat wie ook al sê nie.
Ons inrygangers het onder die sterre gesit, rondgeloop tussen die karre, ‘n vry gevang hier en daar, onder andere, en dan was daar natuurlik nog die rolprent self, die sogenaamde ster van die aand, moenie dat ons dit vergeet nie. Hei, jong, dit was lekker tye!
(Die Burger, 27 April 1994)


1969 – Die asemrowende Ster 700 rolprentteater

Die Ster 700 is waarlik ‘n onbeskryflike rolprentteater. Mens kan nie net hierdie rolprentteater as “anders” beskryf nie. Dit sou eenvoudig nie die manjifieke atmosfeer van die plek ten volle kon beskryf nie.
Staan ‘n rukkie in die Ster 700 se absoluut asemrowende voorportaal en dan skemer sulke gedagtes deur. Die persrooi tapyte en wynrooi stoele gee aan die teater ‘n atmosfeer wat geheel en al anders is as dié waaraan ‘n mens gewoond is in ander bioskope, beter as die beste waaraan Kapenaars tot dusver gewoond was.
(Die Burger, 29 Augustus 1969)

100_4461

Die Ster 700 was ‘n rolprentteater op die hoek van Voortrekker- en De La Reyweg in Parow, waar Parow-sentrum (die ou Sanlansentrum) vandag staan.  Dit het 700 sitplekke gehad en was een van die grootste en beste bioskope ooit in die land. Selfs welbekendes soos Frans Marx was by die Ster 700 se glansryke openingsaand. My ouers het nog die fliek, Jaws, daar gaan kyk.


1972 – Bellville kry Nuwe Bioskoop

Môreaand vind ‘n gebeurtenis plaas waarvoor die mense van Bellville rééds byna tien jaar lank wag. Dit is die openingsaand van die dorp se eerste splinternuwe luukse bioskoopteater.
Die bioskoop, wat Die President-teater sal heet, word in die Nobelpark winkelkompleks deur Capital Films geopen. Die binnekant van die teater het ‘n blou afwerking en daar is 480 sitplekke!
Fliekkaartjies sal tussen 43c en 53c kos.
(Die Burger, 18 Julie 1972)

Vandag is die dansplek Nikita’s waar Die President-bioskoop tot in die jare tagtig rolprente vertoon het.


1975 – Eerste Beeldradio (TV) in Tygerberg gesteel

Geskiedenis is gisteroggend gemaak toe skerminkels beeldradiostelle uit Tafelberg Meubileerders gesteel het. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n beeldradio gesteel is. Kan dit die begin van ‘n tendens wees?
Groot beeldradiostelle, elkeen ter waarde van etlike duisende rande, is deur die skelms weggedra. ‘n Oop geldlaai, wat meer as R2 000 bevat het, is netso gelos en ander waardevolle items in die winkel is ook geïgnoreer, als ten gunste van die beste beeldradiostelle wat die winkel ten toon gestel het.
Die bestuurder van die winkel, Mike Fourie, het later skertsend gesê dat dit duidelik is dat die skobbejakke “oorstelp is deur die koms van beeldradio en eenvoudig net nie langer kon wag vir hul stelle nie”.
(Die Burger, 22 Februarie 1975)


Seun kry aanval voor Beeldradio

Albert van der Merwe, ‘n skoolseun van Parow, wat verlede Donderaand saam met sy ouers rustig gesit en beeldradio (TV) kyk het, het ‘n aanval van vallende siekte gekry. Dokters spekuleer dat die flitsende beelde van die beeldradio moontlik die oorsaak was van die seun se aanval.
Die gesin was besig om na ‘n uitsending van die Durban July te kyk toe Albert se ma agterkom haar seun is rusteloos en gee nie meer aandag aan die uitsending nie. Sy het sy naam genoem, maar Albert was in ‘n ander wêreld en het glad nie gereageer nie. Kort daarna het die dertienjarige agteroor geval en ‘n epileptiese aanval gekry.
Albert het later gesê dat sy oë begin seer raak het. Skielik was dit of hy niks anders as ‘n ligstreep sien nie. Tog kan Albert geensins die voorval onthou nie. Toetse is op die arme seun uitgevoer. Gelukkig is die resultate van ál die toetse wat op klein Albert uitgevoer is negatief.
Deesdae, noudat Albert se ouers hul les geleer het, laat hulle hom steeds toe om uitsendings te kyk, maar hy mag nie ononderbroke sit en kyk nie.

100_4458

Albert voor die beeldradio wat moontlik veroorsaak het dat hy die eerste paar dae van die nuwe skoolkwartaal misgeloop het.
(Die Burger, 18 Julie 1975)


Massaproduksie van Beeldradios in Parow

100_4459

Rye en rye beeldradios (TV’s), gereed om in kopers se leefkamers te pronk, word hier in Parow vervaardig. Beeldradios is maar ‘n nuwe verskynsel op die Suid-Afrikaanse mark, tog is vervaardigers dit eens dat die kanse goed is dat hierdie tegnologiese wonder wel goed sal verkoop.
(Die Burger, 12 Augustus 1976)


1987 – First M-Net Decoders Completed

The first run of decoders for TV’s new pay channel, M-Net, has been completed at National Panasonic’s factory in Parow. The pay channel is expected to start running in Cape Town by October.

100_4460

A completed decoder, designed for the new pay-TV system, M-Net, as displayed by proud general manager of National Panasonic’s factory in Parow, Mike Tiffin. (The Cape Argus, 2 March 1987)