Parow se Groot Gruis Gat teen Tygerbergheuwels is ‘n “skending van die natuur”
Die reuse-gruisgat teen Tygerbergheuwels (net bo Lovers Lane en die N1) wat hier op Die Tygerberg boek se voorblad verskyn, is met honderde bloekombome toegeplant.
1955 – Gruisgat ontstig Tygerbergers
Die gruisgat teen Tygerbergheuwels word deur vooraanstaande Tygerbergse belastingbetalers beskryf as ‘n “skending van die natuur” en ‘n “onooglike wond”. Hulle dring aan dat hierdie aakligheid so gou as moontlik verwyder moet word. (Die Burger, 18 Oktober 1955)
1957 – Ons sal tot by die hoogste owerhede gaan
Die belastingbetalers van die Tygerberg voel die Tygerberg-gruisgat kan niks goeds vir hul gemeenskap inhou nie.
Die gat word gebruik vir gruisontginning en is ‘n ontsiering van die omgewing en die natuur.
Die burgemeester van Goodwood is gekant teen die sluiting van die gat. Die gruisgat-maatskappy soek £110 000-vergoeding voordat hulle die gat sal sluit. Belastinggelde sal dus nou verhoog moet word om hiervoor te betaal.
Is dit werklik die moeite werd om ons gat toe te maak?
(Die Burger, 26 Februarie 1957)
1957 – Public to rally for action on Parow quarry
The residents of Parow have protested against the “defacement” of the Tygerberg by the quarry and the “nuisance and damage” caused by blasting.
(The Cape Times, 3 April 1957)
1957 – Steengroef sal in 1961 gesluit word
Dit is pas aangekondig die steengroef teen Tygerberg moet op 31 Oktober 1961 gesluit word. Daar is reeds bome aangeplant om die gruisgat te bedek. Ongeveer 2 000 bome moet nog aangeplant word om die aakligheid te bedek. (Die Burger, 28 Augustus 1957)
1960 – Gat in Tierberg word nog baie groter
Die inwoners van Parow sal ongelukkig vir nog vele jare opgeskeep sit met die onooglikheid van Tierberg se steengroef. Die Kaaplandse Uitvoerende Komitee het besluit dat die opspraakwekkende steengroef minstens nog tot 1971 al hoe groter sal word.
(Die Burger, 16 April 1960)
1968 – Parow maak ‘n plan met sy Groot Gat
‘n Voorstelling van die reusagtige amfiteater in die Tygerberg-gruisgat.
Daar is voorlopige planne vir ‘n massiewe amfiteater, met sitplek vir ‘n allemintige 100 000 mense, wat dalk in die groot Tygerberg-gruisgat gebou sal word. Die Nasionale L.P.R. vir Bellville meen dat dié gebied ‘n uitstekende feesterrein sal wees vir 1971 se Republiekfees.
Die konstruksie sal glo bo-op ‘n reuse-opgaardam (heel onder op die prentjie) plaasvind.
Links in die middel is ‘n voorlopige voorstelling van ‘n moontlike monument wat opgerig sal word van dr. H.F. Verwoerd.
Heel bo is die verhoog, met sitplek vir 200 orkeslede, onder ‘n asemrowende klankkoepel.
(Die Burger, 9 Maart 1968)
1971 – Ski run down the slopes of Tygerberg Hill
A map to the 28-morg quarry on the slopes of the Tygerberg above Parow, indicating some of the proposed facilities for this unbelievable nature-holiday resort. (The Cape Times, 1 September 1971)
It is unbelievable that it never happened!
Nature-holiday resort for Old Quarry at Parow
The biggest news of the year for Cape Town certainly is the conversion of Parow’s disused stone quarry, which scars the southern slopes of the Tygerberg, into a nature reserve and holiday resort with some of the most advanced recreational, sporting and outdoor living facilities in the Western Cape.
The scheme, created by the assistant town engineer of Parow, includes:
• Three terraced caravan parks;
• A 350 metre long artificial ski run, complete with Swiss-style ski-lifts;
• A Swiss chalet-type restaurant, constructed 50 feet (16 m) above the ground;
• A rock rabbit park;
• A Karoo garden of aloes and succulents;
• A camping site;
• A spectacular waterfall, incorporating a rain forest, “hanging” gardens and fern and palm gardens;
• A “look-out” plateau, which will afford visitors a view of the entire Cape Peninsula.
Construction on the caravan parks has already begun.
(The Cape Times, 1 September 1971)
1976 – Die Parow-woonwapark
Hier is Parow se nuwe woonwapark teen die hange van die Tygerberg. (Die Burger, 15 September 1976)
Dink net . . . in 1947 was daar in die hele Suid-Afrika slegs 50 woonwaens en geen woonwaparke nie.
Vanjaar is daar reeds meer as 125 000 woonwaens op Suid-Afrikaanse paaie meer as en 600 woonwaparke.