Lentehoede vier die koms van lente
Tygerberg vroue van die jare sestig het gereeld self hul lentehoede gemaak met wasige sluiertjies, donsige dotjies en vrolike blomme en dit dan by byeenkomste gemodeleer.
(Burger, 3 Oktober 1962)
Give those Nothern people their real name – Tygerberg
Those vast and rapidly expanding urban areas of Goodwood, Parow and Bellville need to lose the name “Northern Areas”, as it is a misnomer that has persisted too long. Those areas are not part of the Peninsula. They cannot be dragged into Greater Cape Town – and they are certainly not Northern Areas.
It is time that we find a generic name for those areas lying in the shadow of that low range called the Tygerberg. However, anyone living in the so-called Northern Suburbs will most certainly proclaim that he or she lives in the Tygerberg, and it will be said with about as much fervour as a Free Stater bellowing VRYSTAAT!
So, what a more fitting name for our neighbours who were called after some inaccurate compass-point!
(Cape Argus, 27 September 1965)
Die Kwagga-posbusse
Talle gestreepte posbusse sal binnekort help dat die Tygerberg-area se pos nie eers deur Kaapstad se poskantoor hoef te gaan nie. Die nuwe posbusse is swart en oranje en staan as Kwagga-posbusse bekend. Hulle sal by Bellville en Parow se poskantore opgesit word. Hier word die eerste brief in die posbus gepos.
(Die Burger, 9 Augustus 1958)
2 000 Leerlinge Vier die Wonder van Afrikaans
Ter viering van die wonder van Afrikaans het 2 000 flinke seuns en meisies in gelid na die Burgersentrum in Parow gemarsjeer, waar ‘n indrukwekkende taalfees-program aangebied is.
Die ontwikkeling van die taal die afgelope 85 jaar en geskiedkundige gebeurtenisse in die Afrikaanse taalstryd is deur die leerlinge van die verskillende skole met voordragte, gedigte en opvoerings uitgebeeld. Dit is afgewissel deur vertellings van hoogtepunte uit die geskiedenis en aanhalings uit belangrike dokumente.
“Ek is geen Engelsman, Hollander of Jood nie. Ek is ‘n Afrikaner, en daarom praat ek ook geen ander taal nie,” het ds. J.A. van Zyl van Parow-Sentraal in ‘n kort toespraak gesê. (Die Burger, 12 Mei 1959)
“English, English . . . how our tongue is murdered!”
On their way to attend a celebration in honour of “The Wonder of Afrikaans”, more than 2 000 boys and girls from six schools in the Parow-Tiervlei area marched along Voortrekker Road to the Parow Civic Centre. Poems and prose depicting the history of Afrikaans were recited by the children from each school, while the different themes were announced on stage with spectacular banners. (THE STAR, Johannesburg, 12 May 1959)
Die Stem en Ps.146 is nie anti-Engels nie!
‘n Uitbarsting teen die “luidrugtige anti-Engelse” sangstukke en voordragte by die taalfees in Parow is uiteindelik tot bedaring gebring nadat verduidelik is dat liedere soos Die Stem en Psalm 146 skaars ontvlambaar of anti-Engels is. Sekere Engelse koerante het egter die program van die taalfees in die hande gekry en ook berig dat die kinders gesing het:
“Engels! Engels! Alles Engels!
“Engels wat jy sien en hoor;
“In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.
“Ag, hoe word ons volk verbaster…”
(Die Burger, 29 Mei 1959)
President Verwoerd is vermoor – chaos in Tygerberg
Chaos! Pandemonium! So het inwoners van die Noordelike woonareas gereageer toe hulle van ons Eerste Minister, dr. Verwoerd, se sluipmoord gehoor het. Telefoonverbindinge is oral ontwrig. Mense het onbeheersd gehuil en selfs sinneloos heen en weer gehardloop.
Die Burger se kantoor in Bellville is oorval met angsoorvalle mense, waar ‘n enkele teleksmasjien die sombere nuus gebring het. Die kort boodskap dat Verwoerd deur Demitrios Tsafendas vermoor is, het omstreeks 15:15 oor die masjien gekom. Slegs oomblikke later het winkelbase hul deure gesluit en vlae het halfmas gehang.
Die strate was gevul met geskokte en verbaasde mense wat oral rigtingloos rondgedwaal het (zombie nation!). ‘n Groep mense het by ‘n haarkappersalon vir mans saamgedrom om na ‘n radioboodskap te luister kort nadat die oorlede Premier se lewensbeskrywing uitgesaai is.
Een woord om die gevoel te beskryf: sprakeloos.
Vir een groep jong Tygerbergers was die nuus net te aktueel-skokkend. Die matrikulante van die Hoërkool J.J. du Preez in Parow het tydens die sluipmoordaanval in die openbare galery gesit. Die kinders was op hul jaarlikse uitstappie, ‘n Parlementsbesoek, toe die sluipmoordenaar toegeslaan het.
(Die Burger, 7 September 1966)
BIOSKOPE TOE TOT NÁ BEGRAFNIS
Sakeondernemings sluit. Poskantore oral oor die land sal môre omstreeks 11:30 sluit. Die filmproduksiemaatskappy 20th Century Fox het bekend gemaak dat bioskope oral oor die land môre van hul vertonings sal kanselleer ter eerbetoning aan die ontslape Premier, dr. HF Verwoerd.
Selfs die kabelspoor sal nie môre tussen 14:00 en 16:00 sake doen nie. Dit is in ooreenstemming met die Eerste Minister se begrafnis.
Die publiek sal wel nog brandstof en noodsaaklike dienste kan kry. Ons land is in rou. (Die Burger, 9 September 1966)
Onder die bewind van dr. Hendrik Verwoerd het Suid-Afrika die tweede hoogste ekonomiese groeikoers in die wêreld (7.9% per jaar) gehad, ‘n gemiddelde inflasiekoers van net 2%, het nuwe arbied in die formele sektor geakkommodeer teen 73.6% per jaar.
Selfs die lewenstandarde van swartmense in die nywerheidsektor het met 5.3% per jaar gestyg vergeleke met witmense teen 3.9% per jaar. Die jare 1961-66 in Suid-Afrika het in sekere kringe bekend gestaan as “Die Goue Jare”.
1978 Kospryse in Suid-Afrika
Home of the 70’s
Nowadays a modern home would be incomplete without the latest hi-fi equipment. Miss Paddy Nuval, sitting pretty, tries out the latest in modern-day earphones. There is so much to choose from at the “Homes of the 70’s” exhibition in the Drill Hall, Cape Town, Paddy was awe-struck.
(The Cape Argus, 16 October 1969)
Kaapstad kry sy “eerste” vuilgoedblik!
‘n Langbeen model poseer langs ‘n nuwe vuilgoedblik van poliëster wat met veselglas versterk is. Dié dromme is nou nuut op die mark en sal binnekort oral in die Tygerberg te sien wees.
(Die Burger, 26 Junie 1975)
Sien, dis hoe ‘n mens ‘n nuwe vuilgoeddrom met styl bekendstel. Vat jou nuwe produk tot bo-op Tafelberg en kry ‘n sexy model om langs dit te staan.
1976 – Man Vang Melkkoepondief
‘n Vinnig-denkende man van La Rochelle het ‘n vermeende melkkoepondief verlede week in sy buurman se blombedding platgeduik, en hom sodoende ‘n verrassende beloning vanaf ‘n melkery besorg.
Toe Mnr. Blom by sy huis kom het ‘n boks gevul met vrugtesap, jogurt, room, kaas, karringmelk, vla en nagereg vir hom voor sy deur gewag, nadat ‘n berig oor sy heldedaad in Die Burger verskyn het.
Vir twee jaar was koepons in La Rochelle, Belair en Blomtuin gesteel. Mnr. Blom het een van die booswigte – ‘n bruin seun – een nag verlede week gevang nadat ‘n alarm in sy kamer geaktiveer is. Daar was nóg drie ander bruin seuns betrokke, maar Blom kon hulle nie ook vang nie. Hulle is steeds op vrye voet.
“Nou hoef ons ons afleweraars ook nie meer te verdink nie,” het ‘n woordvoerder van die melkery aan Die Burger gesê.
(Die Burger, 2 November 1976)
Soos baie van ons nog kan onthou, was melk gedurende die 70’s en 80’s nog by ons huise afgelewer. As jy melk, of lemoen- of koejawelsap die volgende oggend op jou voorstoep wou hê, dan moes jy eenvoudig die vorige aand plastiese koepons in ‘n emmer uitsit. Die volgende oggend vroeg, so teen 05:00, het die melklorrie verbygery en jou melk en/of sap vir jou afgelewer. Dit was nog die goeie ou dae, toe jy nie nodig gehad het om winkel toe te ry vir melk nie.
Melkkoepons was die grootte van ‘n nuwe 50-sent stuk, gemaak van rooi plastiek en vyfhoekig. Die sap se koepons was pers en rond. Met die pers koepons (sien foto) kon jy vrugtesap soos koejawelsap bestel het.
1977 – Vullisblikdra net té erg vir Welgemoed-vroue
Die inwoners van Bellville is geskok aangesien hulle van nou af self hul swaar, propvol vullisdromme van hul agterplase na die straat sal moet sleep. Die rede hiervoor is eenvoudig sodat die vullisjoggies se vullisverwyderingsprogram soggens vinniger en makliker kan geskiet.
Op die einde van die dag gaan dit eintlik oor die stadsraad en besparing aan sy kant. Veral huisvroue is hewig ontsteld oor die nuwe verloop van sake, veral Welgemoed-dames wie se opritte net te steil is.
Dit sal grootendeels vrouens wees wat hul hande sal moet vuil maak en hul armspiere sal moet gebruik soggens of saans voor vullisverwyderingsdag. Manlief sit mos op kantoor en boetie en sussie is ook mos nie lussie.
(Die Burger, 10 Februarie 1977)
Daardie jare is die ou, kleiner wiellose vullisdromme met die twee handvatsels aan die kante nog gebruik. Vullisjoggies het toe nog tot in jou afterplaas gekom, die drom daar kom optel, die blaffende honde getrotseer, dit gaan leegmaak in die vullislorrie en dan wéér jou drom vir jou netjies kom terugbêre.
Hoe gemaklik was dít nie? Inwoners doen dit natuurlik nou al self sedert 1977, en die stadsraad bespaar so hope geld. Die ou, kleiner dromme is in 1992 vervang deur die groter, vierkantige vullisdromme wat darem die taak verlig het aangesien dit wiele het.
1977 – “Miaau!” Brandweer red kermende kat uit hoë boom
‘n Kermende kat het gister Durbanville en Parow se brandweermanne omtrent op hul tone gehad.
Die kat het sedert eergisteraand in ‘n uiters hoë bloekomboom in Murraystraat, Durbanville jammerlik gesit en skree. Hy wou eenvoudig nie afklim nie. Die leer van Durbanville se brandweerdepartement was ongelukkig nie lank genoeg om by kat se kind te kan uitkom nie. Die Parow-brandweer se hulp is toe inderhaas vir die kat ingeroep.
In ‘n stadium het die kietsie sy klouvas verloor en amper geval. Daarna het hy egter paniekerig net nog hoër geklouter. Teen gister laatmiddag is die arme kat steeds nie gered nie.
(Die Burger, 14 Jan 1977, die foto van community.breastcancer.org)
Die goeie ou dae toe die brandweer nog moeite gedoen het om jou kat uit ‘n boom met ‘n lang leer te kom red!
Tygerberg is ready for the Disco 70’s
T-shirts that combine cotton with satin to give a sheen is the new disco look for the summer and sales have skyrocketed. They have also become extremely popular among runners.
T-shirts used to be used solely as underwear, but have now come out “into the open”. Now many consider them to be the second most revolutionary garment after blue jeans.
On the photo, Model Tersia shows off a satin-trimmed disco T-shirt.
T-shirts are currently the “in” thing – and orders are streaming into South Africa. (The Cape Argus, 14 October 1978)
Hennie Bosman met sy gewilde Karate-klasse
(Bylae tot die Burger, 2 Februarie 1979)