Bellville – Interessante Berigte vanaf 1940

img_9452

Die Voortrekker-Veemark in die veertigerjare toe veilings van vee, soos slagvee, perde, muile, koeie, verse en kalwers opgeveil is. (Die Burger, 25 Julie 1940)


bellville-winery

Bellville het sy eie wynkelders gehad. Ek wonder wat daarvan geword het?


Jan taks kry sy eie gebou

 100_4449

dsc05616

Dit is hoe die belastinggebou in Bellville gelyk het. Dit was op daardie stadium ‘n nuwe gebou. Regs is die gebou soos dit deesdae lyk op die hoek van Voortrekkerweg en Bostonstraat.
(Die foto links bo is uit Die Burger, 20 Desember 1955)


1957 – Bellville Burgersentrum word ingewy

bellville-burgersentrum

Die Bellville-munisipaliteit en -skouburg, (die foto het ek in 2003 geneem) met die hoë en alombekende horlosietoring in die voorgrond en die ou Hoërskool Bellville (tans Northlink-kollege) agter die boomlaning. Ver in die agtergrond kan die wêreldberoemde Tygerberg-hospitaal en Tafelberg gesien word.

Dr. Hendrik Verwoerd en Minister C.R. Swart tydens die onthaal van Bellville se nuwe burgersentrum. Kyk hoe lekker smul Verwoerd aan die heerlike kos.
(Foto: Bellville-biblioteek se argief, Junie 1957)

Die burgersentrum se tikster (Moneypenny?) wat heeldag net sit en tik. Myna Roux pronk in Bellville se nuwe kantore. (Foto: Bellville-biblioteek se argief, Junie 1957)

“Nommer asseblief!”
Mev. Gie hard aan’t werk by die telefoonsentrale.
(Foto: Bellville biblioteek-argief, Junie 1957)


Die ou Bellville Biblioteek

view-1

Die ou Bellville Biblioteek, met die groot visdam aan weerskante van die trappe.  Selfs die fietse is nie eens gesluit nie. (The Cape Times, 4 Novenber 1964, Bellville suplement)


 100_6501

My pa se Uniewinkels-kredietkaart van 1968, wat my ma oorgretig gebruik het.

Advertisement of Bellville (The Cape Times, 15 June 1968)


Bellville se 1968-Wakkerblywedstryd

100_4366

Vir 12 dae lank het Mev Bertha van der Merwe en ander deelnemers in ‘n winkel gebly in die Durbanwegsentrum, hoek van 3de laan en Durbanweg, Bellville, agter Erinhof-woonstelbok. Verbygangers het hulle dopgehou met groot afwagting om te sien wie die wakkerbly wenner sal wees.
Mev. Bertha van der Merwe, wat om middernag al 258 uur wakker was, luister hier na orrelspel van mej. Truda Fourie, een van die talle mense wat kom om haar besig te hou. Vanaand om sewe-uur, as Mev van der Merwe nog wakker is, sal sy die amptelike wêreldrekord van 277 uur breek.
(Die Burger, 13 Desember 1968)

Rekord Kantel – en Tant Bertha Slaap
Vierduisend nuuskieriges was teenwoordig toe mev. Bertha van der Merwe kwart oor sewe die wêreld se nuwe wakkerbly-kampioen geword het – sy was toe 277¼ uur wakker. Mev. Van der Merwe het verskeie groot pryse, onder meer ‘n “splinternuwe” 1968-sitkamerstel gewen, vir haar dapper poging!
(Die Burger, 14 Desesember 1968)

 

Mej. Bellville 1977

100_4613

Hier is 25 mooi nooiens in die eindstryd. Die een met die mooi glimlag het gewen. (Foto: Die Burger, 19 Oktober 1977)
Watter een was jou sexy mamma?


  100_4592

(Die Burger Snuffelgids, 23 Januarie 1981)

100_4454

Die Stad Bellville se “Burger van die Jaar”-advertensie, waar mense van regoor Bellville enigiemand vir die gesogde kompetisie kon inskryf.
(Die Burger, 15 February 1984)


 Taxi-chaos in Bellville toe talle pad versper

Daar was gister chaos in die strate van Bellville toe taxi-bestuurders van die Western Cape Black Taxi Association (Webta) by die kruising van Bostonstraat en Voortrekkerweg met hul minibus-taxi’s die pad versper het.

Drie mense is deur die polisie se rubberkoeëls getref. Nog ‘n man is beseer toe ‘n polisiehond hom aan albei sy bene gebyt het. Die taxibestuurders het verskeie waarskuwings om uiteen te gaan geïgnoreer en het steeds geweier om hul taxi’s uit die area te verwyder.

Taxibestuurders het gisteroggend Modderdamweg versper omdat daar vroeër die oggend beslag gelê is op sowat sewe taxi’s. Die taxidrywers het klaarblyklik nie openbare vervoerpermitte gehad nie. (Die Burger, 24 Januarie 1992)

ACD Systems Digital Imaging

Vat hom Flaffie! ‘n Polisiehond byt ‘n taxibestuurder tydens ‘n protesversperring.
(Die Burger, 24 Januarie 1992)


Dis 1994 – Ek en my vriend rollerblade rondom Hoërskool DF Malan

Ek en my sidekick Anton le Roux rollerblade om ons ou skool. Geen skool in die noordelike voorstede van Kaapstad is beter as om rondom DF Malan te rollerblade nie. Soms was die skool se deure oop, dan het ons in die lang gange ge-rollerbade, wow dit was fun totdat die opsigter ons uit die skoolgebou gejaag het.


Evangelis in Bellville

An American evangelist and pastor, Benny Hinn, held a two-day Miracle Crusade, attended by nearly 60 000 worshippers at the old Bellville stadium in Voortrekker Road. More than 100 suffering from different disorders or cancer, claimed to be completely healed and touched by the spirit of God.
(The Cape Argus, 27 February 1996)

 100_4570

As deel van ‘n genesingsproses steier ‘n man agteroor nadat past. Benny Hinn (in die middel met sy rug na die kamera) hom voor die bors gestamp het.  (Die Burger, 27 Februarie 1996)

Evangelis ‘genees mense’ by dienste in Bellville

Mense val neer op die verhoog, of word hulle omgestamp?
“Ons kan net bespiegel of dit massa-hipnose, ‘n psigiese verskynsel of die Heilige Gees was. Die kern is Jesus Christus se opstanding en die kruis. Die ander goed is randverskynsels,” het prof. Daniel Louw van die Teologiese Kweekskool gesê.
Volgens past. Muller se matriekdogter, Allanize, was by albei byeenkomste.
“Dit is ‘n fantastiese gevoel as die Heilige Gees oor jou kom!” het sy geborrel. “Dit voel soos reën oor jou. Vir ander mense voel dit weer soos ‘n elektriese straal wat deur jou gaan.”
(Die Burger, 29 Februarie 1996)
(Die klankstelsel van die byeenkoms by die ou Bellville-stadion in Voortrekkerweg was só hard gestel, ek kon dit tot by my huis in Welgemoed hoor – no jokes!)


Kristo Pienaar-sentrum

kristo-pienaar

Prof. Kristo Pienaar, bekende Suid-Afrikaanse plantkundige, pronk voor die Kristo Pienaar-sentrum vir omgewingsopvoeding, hoog op teen die hange van die Tygerberg-natuurreservaat. (Die Burger, 13 April 1996)


Die Spice Girls is hier!

‘n Glansryke modeparade is by die Hoërskool DF Malan in Bellville gehou.
Hier is die pragtige “Spice Girls”. Van links glimlag Annemarie Mouton, Charmaine Smit, Christel van der Merwe, Bianca Kühn en Lulu Hitchins.
(Die Tyger-Burger, 12 Augustus 1998)


Bom in Bellville voor Keg and Swan-restaurant gevind

100_4521

BELLVILLE: ‘n Tydbom is gister deur die polisie onskadelik gestel enkele ure voordat dit by die Keg and Swan-restaurant en -kroeg in Edwardstraat sou ontplof. Honderde mense se lewens is sodoende gespaar en ‘n liederlike bloedbad is waarskynlik voorkom.
Die bom is omstreeks 05:30 in ‘n blombak voor Keg and Swan gevind. Die polisie was onmiddellik op die toneel en het met uiterste vernuf die bom onskadelik gestel. Dit is gestel om 12:00 te ontplof en is gevind tussen die tafels en bankies waar talle mense, veral Vrydagmiddae, dié tyd kuier.
Keg and Swan is sowat 200 m van die provinsiale speurdiens se hoofkantoor. Dit is ‘n gewilde uithangplek vir lede van die polisie en sakelui. Die bom is soortgelyk aan ander pypbomme wat die afgelope twee jaar in die Skiereiland ontplof het.
Gawie Botha, eienaar van die restaurant, het gesê hy bewe steeds as hy dink oor wat kon gebeur het. “Die plek is Vrydae gepak en baie mense sou seergekry het. Ek het reeds op my knieë gegaan en Jesus gedank,” het hy gesê.
(Die Burger, 4 November 2000)
Hierdie bomvoorval kom net twee jaar na ‘n soortgelyke pypbom Bellville geruk het toe dié uit ‘n verbygaande voertuig geslinger is in Kruskallaan in die middestad en drie mense ernstig beseer en een gesterf het in wat as een van die mees afskuwelikste terreuraanvalle beskyf is in die geskiedenis van Bellville.


Marianne Kriel presteer op alle terreine

Marianne Kriel (12), hoofmeisie van die Laerskool Excelsior, presteer nie alleen op akademiese en leierskapsgebied, maar verteenwoordig ook WP in swem, tweekamp, gimnastiek en atletiek. Haar eerste groot oorwinning was toe sy die WP Junior-kompetisie in die o.10-afdeling gewen het. By die SA tweekamp-kampioenskappe vanjaar het sy ‘n goud vir dogters o.13 gewen. Dan sing sy ook in die skoolkoor.
Sy gaan volgende jaar Bellville Hoërskool toe, seuns!
(Die Tyger-Burger, 11 Julie 1984)

Gesteelde olimpiese medalje in vullisblik gevind . . . dié storie is goud werd

100_4519

“Dit voel of ek nou net weer ‘n Olimpiese medalje gewen het! Die vreugde is net so groot,” het Marianne Kriel gesê kort nadat sy gister uiters goeie nuus ontvang het. Twee skoonmakers van die Kaapse stadsraad het haar gesteelde Olimpiese medalje in ‘n vullisblik in die stad gevind.

Mnre Randall Alexander en sy vriend Randell Eksteen het Dinsdagoggend op die ongewone vonds afgekom toe hulle vullisblikke in Langmarkstraat uitgekeer het. Volgens Alexander was die medalje baie vuil, maar hy het geweet dit is iets kosbaar, veral toe hy iets van die Olimpiese Spele daarop geskryf sien staan.

“Hulle is my helde! Ek is só bly twee eerlike ouens het daarop afgekom. Ek het nooit gedink ek sou die medalje terugkry nie. Dis absoluut fantasties!” het Kriel gistermiddag gesê.

Sy het ons omhels en oor en oor bedank, en ‘n beloning van R500 elk aan ons gegee,” het Alexander gesê.
Behalwe dat die medalje effens gekrap is, waarskynlik om te sien of dit goud is, is dit volgens Kriel glad nie beskadig nie.  (Die Burger, 2 Junie 2001)


Health & Racquet Club word Virgin Active

ACD Systems Digital Imaging

Die voormalige Suid-Afrikaanse staatspresident Nelson Mandela gister saam met die mega-magnaat sir Richard Branson, voorsitter van die Virgin-groep, by die bekendstelling van Virgin Active-gimnasiums se tak by die Tygervallei-sentrum. Langs hulle staan me. Tracy Meaker, media-woordvoerder van Virgin in Suid-Afrika. Virgin het die gimnasiums aangeskaf ná ‘n versoek deur Madiba om die destydse Health & Racquet Club van bankrotskap te red.
(Die Sake-Burger, 11 Desember 2001)

ACD Systems Digital Imaging

My 1996 Health & Racquet Club-gimnasium-instapkaart met sy alombekende pienk en groen kleure. 


Jong meisie verloor amper haar kop in fratsongeluk

100_4559

‘n Pretuitstappie na die knortjor-renbaan by die Canal Walk-winkelsentrum het in ‘n nagmerrie-ondervinding ontaard toe Andrea Katzeff, ‘n leerder van die Laerskool Welgemoed, se kopvel en hare afgeruk is deur die as van die karretjie waarin sy gery het.
Andrea en haar maatjie het stadig om die baan gery en hulle was die enigste twee kinders op die baan toe die fratsongeluk plaasgevind het. Die tienjarige Andrea se lang, vloeiende blonde hare, wat onder haar valhelm uitgehang het, is deur die draaiende as van die tjor ingetrek. Sy het vertel dat sy nie op een oomblik tydens die gru-ervaring haar bewussyn verloor het nie en nog kan onthou hoe haar valhelm afgeval het en haar kop teruggeruk het toe haar hare ingesuig is. Sy het aan haar kop gevat nadat haar kopvel afgeruk is en net bloed gevoel, haar lang lokke geheel en al weg.
Die knortjor-baan se personeel was geheel en al nie voorbereid vir so ‘n noodsituasie nie en daar was geen mediese hulp langs die baan beskikbaar net ná die voorval nie. Arme Andrea moes baie lank in pyn langs die baan lê voordat ‘n ambulans uiteindelik opgedaag het. Sy is na die N1-Stad-hospitaal in Goodwood geneem waar sy geopereer is. Andrea is ‘n baie wonderlike, Godvresende kind en was dwarsdeur die afskuwelike ongeluk positief en het selfs haar ma getroos.
Vandag is Andrea ‘n 14-jarige dogter wat skoolgaan in Bellville en ‘n sprekende voorbeeld van ‘n ware oorlewende.
(Die Tyger-Burger, 23 & 30 Julie 2003)