Bellville – Tygervallei-Winkelsentrum

Die lang gewag is verby! Kaapstad se nuwe hipermoderne inkopieparadys, bekend as die Tygervallei-winkelsentrum, open vandag 09:00 sy deure!
Die sentrum spog met 164 winkels en word beskou as een van die mooiste winkelsentrums in Suid-Afrika.
(29 Augustus 1985, Tyger-Burger)

Bierstormloop by Tygervallei opening

‘n Ongelooflike 168 000 biere is reeds in die eerste twee dae ná die opening van die Tygervallei-inkopieparadys se deure verkoop by die sentrum se enigste drankwinkel.
“Dit is ongelooflik wat hier aan die gang is en ek weet nie wat ons vandag gaan doen nie. Mense bel van Springbok af en vra dat ons hulle bier en ander drank vir hulle hou. Hulle wil ‘n jaar se voorraad koop,” het Alan Peters, drankwinkel-bestuurder, gesê.
“Die bier kan eenvoudig nie vinnig genoeg afgelewer word nie. Dit kan nie eens afgepak word nie. Dit kom reguit van die vragmotors af tot by die betaalpunte. Eergister het klante die winkel se voordeur aan flarde geloop en dit moes inderhaas herstel word.”
(Die Burger, 31 Augustus 1985)

Miniatuur-stoomtreintjie by sentrum bekend gestel

100_4392

By die nuwe Tygervallei-winkelsentrum het mense het tot drie ure lank gestaan en wag om hierdie pretrit mee te maak. Die oulike klein stoomtreintjie se roete was nie net rondom Tygervallei-sentrum nie, maar oor Bill Bezuidenhout-rylaan verby die Health & Racket-gimnasium (nou Virgin Active-gimnasium), met Willie van Schoor-rylaan langs, tot by Parc du Cap en terug.
Tog het hierdie prettige rit net vir ‘n paar jaar geloop, totdat mense begin belangstelling verloor het.
(Die Burger, 9 September 1985)

(more…)

Continue ReadingBellville – Tygervallei-Winkelsentrum