Bellville se groot held
Charles Bell, die staatslandmeter en kunstenaar, waarna Bellville vernoem is. Kyk sy cool, gerespekteerde baard! Twee maande voor Charles Davidson Bell se sewentiende verjaardag het hy, geseën met ‘n flinke sin vir humor, ‘n briljante brein en ‘n artistieke talent, in die lente van 1830 vir die eerste keer voet aan wal gesit in Kaapstad.
Hy is in 1813 in Skotland gebore en is deur sy oom, kol. John Bell, toe die koloniale sekretaris, Kaap toe genooi.
Charles was baie goed met die kwas . . . Die jong man het Kaapstad-tonele en plaaslike persoonlikhede met ‘n humoristiese en oplettende oog geteken en geskets.
Toe hy 21 was, het hy aangesluit by dr. Andrew Smith se “Expedition for Exploring Central Africa”. Tydens dié reis moes hy ‘n sketsdagboek van die expedisie hou deur sketse van die landskappe en die inboorlinge wat hulle raakgeloop het, te maak.
Hy was ook baie goed met die hout . . . hy het ‘n groot liefde gehad vir hout en houtsneewerk.
Volgende in Charles se visier was ‘n loopbaan in siviele diens. Op die ouderdom van 24 was hy reeds ‘n gekwalifiseerde landmeter.
Toe hy 36 was, raak hy die voorsitter van die Old Mutual en ontwerp die welbekende Old Mutual-embleem (die een met die drie ankers).
Die volgende jaar, 1850, het Charles en sy vrou geskei. Hulle het drie kinders saam gehad. Hy het laterjare weer getrou.
Bo: Die kunstige Charles het ook ‘n goue medalje gewen vir die “beste oorspronklike historiese skildery” getiteld “Die landing van Jan van Riebeeck by die Kaap van Goeie Hoop in 1652”.
(more…)