Bellville: Interessante Gebeurtenisse vanaf 1861

Bellville: Interessante Gebeurtenisse vanaf 1861

1861: Daar word besluit om ‘n dorpie by die twaalfde mylpaal op te rig en dit te vernoem na Charles Davidson Bell.
1862: Amptelike opening van die spoorlyn tussen Kaapstad en Stellenbosch.
1880: Bellville kry sy eerste fabriek – Van Riebeeck Mineral Water Company.
1900: ‘n Amerikaanse maatskappy, met belange in die Tygerbergse steengroef, koop “The Willows” van ene mnr. Duminy. Erwe word opgedeel en strate soos Lincoln, Broadway, asook verskeie lane word aangelê in die area vandag bekend as Boston.
1912: Die eerste motorhawe word opgerig deur ene mnr. Zeeman. Hy was die eerste persoon in Bellville wat mense geleer motorkarre bestuur het.
1926: Die eerste busdiens tussen Kaapstad en Bellville word ingestel.
1928: Bellville vier die koms van elektrisiteit met ‘n banket in die Bellville-hotel.
1940: Bellville word munisipale status toegeken.
1953: Die Bellvillese nywerheidsgebied word amptelik geopen in Bellville-Suid.
1955: Die nuwe rykmanswoonbuurt Welgemoed (“Skuldbult”) begin erwe verkoop.
1957: Bellville se Burgersentrum word ingewei. Meer as 800 gaste het die glansgeleentheid bygewoon.
1965: Bikini’s word amper by die Bellville-swembad verban.
1977: Die Unibell (Bellville-Suid) -fiasko – 15 000 onwettige plakkers moes padgee.
1979: Bellville word amptelik ‘n stad. Ek was daar as ‘n grootoog, vierjarige snotneussnuiter!
1985: Bellville se eerste super-inkopiesparadys, die Tygervallei-winkelsentrum, open sy deure.
1992: Die nuwe Bellville-atletiekstadion en buitelug fietsrybaan word ingewei.
1995: Die eerste MacDonald’s-eetplek open in Durbanweg, gepaardgaande met enorme verkeersopeenhopings.
1997: Die Bellville-fietsrystadion kry ‘n reuse-dak. Die struktuur staan bekend as die Bellville Velodrome.
1998: ‘n Bom ontplof in Bellville se onderdorp-area.
2000: ‘n Bom in Bellville gevind by die Keg and Swan-restaurant in Edwardstraat.
2011: Bellville is ‘n ongelooflike 150 jaar oud en mense vier fees in die strate.

bellville-burgemeesters-copy

Hier is ‘n paar van Bellville se fantastiese, slim burgemeesters wat Bellville van ‘n dorp in ‘n super-stad omskep het. Dankie, manne. Ons is trots op julle!


Come to Bellville and CY – deur Etienne Rossouw

Forget Durbanville, say Goodbye,

Come to beautiful Bellville and CY.

Die Bellville Poskantoor-toring is ver af ‘n baken,

wat uittoring deur digte mis wat lê soos wit laken.

Ál die cool clubs is in Edwardstraat,

vanaand gaan ons paartie tot lekker laat!

Teasers se dansers hou die manne jonk,

Hooters-waiters hou nie van my skedonk.

Los jou vervelige meisie sommer tuis,

daar is lekker girls by Ons Kombuis.

Die Stellenberg-mammas ry met duur SUV’s,

met meeste van hul kinders oorsee in OVC’s.

Danie Uys Park is voorwaar ‘n pragtige park,

maar dankie vir die bedrywige Bellville-mark.

Die oggendverkeer by Laerskool Kenridge maak my Satanies,

Gelukkig het Willowbridge vele vriendelike, stylvolle tannies.

Ek kry jou by Tygervallei vir games, pool en lekker tenpin,

ek staan al en wag met swaar, swart bal in hand gewapen.

Die Boston neighborhood watch, gepanser met knuppels en flits,

is deurnag op en wakker besig om inbrekers oor die kop te klits.

Bellville is internasionaal bekend vir sy altydgroen gholfbaan,

langs Laerskool Welgemoed, waar sekere slim kinders skool gaan.

Welgemoed-inwoners jaag te vinnig in Jip de Jager-rylaan,

wens die taxi’s in Durbanweg wil padgee uit die vinnige baan.

Frans Conradie het net te veel rooi verkeersligte,

ek’s bang vir Bellville-verkeersmanne met blou ligte.

Tienie Meyer is bekend vir laataand motorrenne,

dis meer opwindend as Durbanville se perderenne.

Witrok Somaliërs het stalletjies tot teenaan Bellville treinsoor,

met Middestad Mall-sangomas wat jou gou goor toor.

Ál die one-ways in Boston maak my mal,

ek sweer ons almal kry nog ‘n hartaanval!

Bellville was nog altyd beter as Durbanville,

julle wil hier kom bly en ons wéét julle wil!

Sien jy die verligte Paaskruis bo-op Tygerberg?

Bergsig-komplekse het géén uitsig oor géén berg!

Peperduur woonkomplekse het byna geen parkering,

geldgierge ontwikkelaars noem dit egter verstedeliking.

Durbanville-bouers probeer weer meer waag,

deur eeue-oue bome summier af te saag!

Vermy gerus jul inkopies doen in Wellingtonweg,

want ons het wulpse los poppies in Voortrekkerweg.

Maar wag . . . nie alles in boring Bellville is só sleg . . .

Bellville het ‘n atletiekbaan, Velodrome, Tygervallei en ‘n kick-ass Waterfront.

Hier oefen ons karate saam met Hennie Bosman, ry fiets in die Velodrome saam met Chris Willemse,

swem saam met Marianne Kriel en cheer vir die Stormers aan’t oefen by ons Bellville rugbyklub. Yeehah!

Kunstenaars skryf boeke en vele liedjies van Bellville,

want niks anders wil rym met die “ville” van Durbanville.

‘n Durbanville-inwoner bly maar eienaardig.

Ek bly eerder in my Bellvile, so merkwaardig.

So, come to Bellville and CY . . .

– deur Etienne Rossouw, 2010