Parow Interessante Berigte vanaf 1958

1958 – The League of Health and Beauty

ACD Systems Digital Imaging

Barbara Keys with the gorgeous girls from her League of Health and Beauty at the opening of the League’s new branch in Parow last night.
(Cape Argus, 10 April 1958)


1962 – Die Burger word vroegoggend afgelewer

ACD Systems Digital Imaging

Die 17 geesdriftige seuns lewer soggens vroeg lank voor sonop Die Burger met hul fietse in Parow en Tiervlei af. (Die Burger, 9 November 1962)


1968 – Slaan die spyker op sy kop

ACD Systems Digital Imaging

Die Dairy Belle-kaskenades is terug met weereens ‘n opwindende vertoning. Dawie Maritz, bekende radiospeler, koes vir die organiseerder, Tiekie du Plessis, met sy hammer.
(Die Burger, 20 April 1968)


1969 – Wit Geverfde Gestige

100_4400

“Sien, baas, ek het geslaap. Toe vat hy die verf wat hy opgetel het en hy smeer my ‘sig daarvan. Toe word ek wakker, baas. Toe vat ek van die verf en ek smeer hom in die bakkies daarmee. Toe pynt ons sommer vir ons sokkies, baas. Dis dié lat ons só lyk, baas. Hier by die poliesstasie, baas? Ons het met die trein gery van Parow af hier na Bellville toe, toe vat die law ons oppie trein, baas. Ons bly in ‘n boks hier in Parow, baas. Ja, baas. Sommer ‘n boks wat ons van huis gemaak het. Nou? Nee, nou sê die baas-poliesman hulle wil ons skoonmaak. Maar as ek so na sy gevreet kyk, baas, kry niemand hom skoon nie.”
Sies, jou wit gepynte skollie!
(Die Burger 15 September 1969)


1969 – Die Melkpartytjie

Die burgemeester van Parow, C.C Stassen, het besluit dat hy vanaand by die stadsraad se jaarlikse personeelparty net melk sal voorsit as drankie. Hy doen dit ná ‘n beroep van die Padveiligheidraad en die Melkraad dat mense by partytjies liewer melk moet drink.
Die burgemeester het gehoop dat die euwel van dronkenskap so hok geslaan sou word.

100_4468

Vyf kantoordames van die raad het burgemeester Stassen gister met ‘n kannetjie melk bestorm om die melkdrinkery op die proef te stel en om vas te stel of hy wel daad by woord sal sit. (Die Burger, 5 Desember 1969)

Burgemeester uit alle oorde geprys oor ‘Melkparty’

Parow se burgemeester, C.C. Stassen, is die held van die Tygerberg. Gelukwensinge stroom steeds elke dag by die munisipale kantore in ná Stassen se besluit verlede week om in die vervolg melk by openbare onthale voor te sit. Almal is nou bewus dat ‘n partytjie net so lekker kan wees sonder alkoholiese drankies.
Daar was egter een noemenswaardige verskil, die partytjie was ‘n bietjie meer gesellig!
Kan jy dít nou oorvertel!
(Die Burger, 22 Desember 1969)


1970 – Parow-spook . . . spook weer

Die wêreld het skynbaar nou vir die Parow-spook te warm geword. Mense sê dit lyk asof hy na ander oorde vertrek het. Sou hy dit durf waag om weer te kom spook, wag daar vir spook se kind ‘n warm ontvangs, want die bekende Transvaalse spookvanger, Albertus van Zyl, staan gereed.
Petronella Geldenhuys, die vorige huurder van die spookhuis in Gladstonestraat, Parow, sê ’n spook van ‘n kleurling met ‘n pasgebore baba dwaal in die huis rond. Die baba se gesig is in doeke gehul en dié maak die “vreeslikste” geluide. Die spook het blykbaar ook met haar gesels.
Sedert die Geldenhuyse amper drie weke gelede uit die huis getrek het, staan die plek dolleeg. Niemand stel belang om dit te koop nie. Die spookstories wat die ronte doen, het skynbaar almal afgesit. Volgens Van Zyl spook dit nie in die huis nie. Wat daar aangaan, kan eerder beskryf word as goëlery. Van Zyl vertel verder dat ‘n spook nie met ‘n mens kan praat nie. Al wat die spook kan doen, is om rond te dwaal. Wanneer dit goël, word mense gemolesteer, voorwerpe word rondgegooi en daar kan absolute chaos wees.
As dit by die huis goël, beteken dit dat iemand daarvoor verantwoordelik is. “Ek gaan hom vang, en dan sal hy baie jammer wees,” sê Van Zyl.
Hy het ‘n paar nagte in die huis oornag om te sien of hy die sogenaamde kwaaddoener kan uitvang. Van Zyl het twee stukke varkspek saamgeneem vir die uitvangery. Hy het ‘n stuk teen die voordeur en ‘n stuk teen die agterdeur van die huis vasgespyker.
“O, die varkspek? Sien, Meneer, die sewe duiwels het mos destyds in die varke gevaar en is nog altyd in die vark. Goëlery is ook van die duiwel, en as ‘n mens nou ‘n stuk varkspek teen die deur vasspyker, dan werk die twee duiwelse magte teen mekaar en kanselleer mekaar uit. Dit beteken dan dat die goëlaar nie by die huis kan inkom nie,” het Van Zyl verduidelik.
Daardie eerste aand het niks buitengewoons gebeur nie. Die volgende aand het hy ‘n klomp kwajongens, wat klippe op die dak gegooi het, met ‘n sambok verwilder.
Spook se kind was nêrens in sig nie.
Die spookhuis-eienaar sal Geldenhuys vir skadevergoeding dagvaar.
Dalk hang die twee stukke opgedroogde varkspek tot vandag toe nog aan die spookhuis se deure.
(Die Beeld, 4 Januarie 1970)

ACD Systems Digital Imaging

Die bekende Transvaalse spookvanger, Albertus van Zyl, sien vir enige goëlaar kans met hierdie twee lekker dik stukke varkspek wat hy teen ‘n “spookhuis” se deur in Parow gaan vasspyker.


1972 – Parow rock-n-roll

100_4407

Donderdagaand sal een van die grootste rock-konserte wat nog in die Tygerberg gehou is, by die Parow-burgersentrum plaasvind.
Die tweede ronde van Rock ’72 sal dié aand duisende skreeuende, jong aanhangers lok.
(Die Burger, 11 Desember 1972)


copy-of-100_4385


1985 – Meccano Madness!

ACD Systems Digital Imaging

Ben Roelofse and his grandson, Louis Joubert, 5, admire a Meccano collection on display at the Tygerberg hobby show at the Parow Civic Centre.
(The Argus, 16 Augustus 1985)


1985 – Hoera! Dis die begin van die Desembervakansie!

100_4408

Danie Coetzee, skoolhoof van Parow-Noord, lui die klok wat die einde van die skooldag en nóg ‘n lang skooljaar aankondig. Die blanke skoliere hoef eers op 21 Januarie weer op die skoolbanke aan te meld. Die bruin skoolkinders moet ses dae vroeër, op 15 Januarie, sorg dat hulle by die skool is.
(Die Burger, 7 Desember 1985)


1987 – Sowat 250 000 mense stroom na Checkers Warehouse se opening

ACD Systems Digital Imaging

Meer as ‘n kwartmiljoen mense het gister tot sluitingstyd by die opening van die nuwe pakhuis-sentrum in Parow, Warehouse World, opgedaag. Hier drom ‘n groot deel van hulle by die kasregisters in die Checkers Warehouse saam.
(Die Burger, 24 September 1987)


1987 – Wêreldbekende Airwolf TV-ster in Parow!

allthingsairwolf-blogspot-co-za0086862

(Foto’s: allthingsairwolf.blogspot.co.za)

Dis 28 September 1987 en ek, my suster en my ouers sak af na die nuut-geopende Checkers Warehouse in Parow vir Airwolf.
Die toe welbekende Jan Michael Vincent, beter bekend as Stringfellow Hawk van die TV-reeks van die tagtigerjare Airwolf, het ‘n ongelooflike 100 000 fans na dié inkopiesentrum gelok. Almal wou hul held met sy supersoniese en koeëlbestande vegshelikopter sien en daar was meer toeskouers by dié opwindende byeenkoms as by die Curriebeker-eindstryd op Loftus Versfeld daardie selfde dag!
Die oorstelpte aanhangers het almal kliphard “Hawk! Hawk Hawk!” geskree toe die TV-ster-eregas uiteindelik sy opwagting gemaak het.


1988 – Welgelegen Neighbourhood Street Braai

ACD Systems Digital Imaging

The annual Aurora Street Braai in Welgelegen was yet again a huge success. The gettogether has become a regular thing in the area due to its success and the fact that it includes everybody in the street. The Aurora Street home owners closed off the street to enjoy this fun-filled braai and kuier. Here the fun group await the delicious lamb on the spit.
(Tyger-Burger, 14 Desember 1988)


1988 – Die Panorama-Medikliniek, ons vyfster-hotel

enemaofthestatenurse

Sexy verpleegster – ‘n model poseer op die rock-groep Blink 182 se album.

‘n Spyskaart om jou etes vanaf te kies en rooiwyn daarmee saam. Dit klink mos soos vyfster-diens! Dis hoe dit deesdae daar uitsien in private hospitale. Ultramoderne luukse-instellings wat nou orals opskiet om in die behoeftes van die meer welaf pasiënt te voorsien.
Jou eie kamer, badkamer, TV-stel, privaat telefoon en selfs ‘n balkon met ‘n asemrowende uitsig oor Tafelberg. Tydens besoektyd kan vriende en familie in ‘n sitkamer ontvang word of na ‘n restaurant naby jou kamer gaan.
Jy word verwelkom deur ‘n atmosfeer van duursaamheid. Die ontvanglokaal is vergelykbaar met die eersteklas-besprekingspunt by ‘n internasionale lughawe of van ‘n vyfster-hotel.
Maar wat moet pasiënte uithoes vir verblyf in private hospitale? By die Panorama-hospitaal gaan ‘n bed in ‘n private kamer die pasiënt R165 per nag uit die sak jaag, een in ‘n dubbelkamer R140 per nag en ‘n bed in ‘n saal (maksimum vier pasiënte) R107.
(Die Huisgenoot, 29 Desember 1988)


2001 – Rotvrou se doen en late het Parow in rep en roer

‘n Vrou van Parow, Gwynneth Quick, is op Oujaarsaand met honderde “troetelrotte” in haar huis betrap. Die knaagdiere is toevallig op Oujaarsaand ontdek. Quick en haar vriend het hulself uit haar huis gesluit. Hulle het die Parowse polisie vir hulp gaan vra om hulle weer by hul huis in te kry. Lede van die polisie het kort hierna op die rotte afgekom en gesondheidsbeamptes is onmiddellik ontbied.
Van die rotte kom glo van ‘n laboratorium van die Stellenbosch-universiteit se Tygerberg-kampus. Quick beweer dat twee werknemers van die universiteit die laboratorium-rotte aan haar verkoop het.
Die rotte, wat oral oor die huis was, het hulself verlustig aan die plankvloere, meubels en gordyne. Quick het ineengestort nadat sy verneem het dat haar rotte van kant gemaak gaan word. “My babas! My babas! Nou is dit nie meer die moeite werd om te lewe nie!” het sy geskreeu, waarna sy ‘n saag gegryp en met dié na haar keel gemik het. Daarna het sy dieselfde met ‘n skêr gedoen, maar polisielede het haar gekeer. Sy en haar vriend is met komberse oor hul kop van die rothuis verwyder. ‘n Dokter het haar probeer kalmeer met ‘n inspuiting kalmeermiddel, maar sy het dit uit sy hand gestamp.
Sy het haar ma gebel en aan haar gesê: “Ek het geprobeer om hulle te red, ek het gepleit.”
Quick het blykbaar geglo die rotte is haar kinders. Haar hande het gebloei waar die rotte aan haar geknibbel het. Die knaagdiere is Woensdag binne minute met ‘n giftige gas uitgeroei. Sowat 50 marmotte wat op die werf was, is deur die DBV verwyder.
Die rotvrou is tans in ‘n hospitaal waar sy steeds psigiatriese behandeling ontvang vir haar vreemde rotfiksasie.
(Die Burger, 6 Januarie 2001)

CREATOR: gd-jpeg v1.0 (using IJG JPEG v62), quality = 80

(Foto van: 123rf.com)

Polisie betrap vrou met sowat 100 ‘troetelrotte’

“Ons het geweet sy het rotte, maar ons het nie geweet hulle loop los in die huis rond en dat daar so baie van hulle is nie. Dit is ‘n gevaar vir ons kinders. Watse siektes het daai goed nie alles nie?!”
So het Sammy Roman, een van Gwynneth Quick se bure, gister gesê.
Volgens Roman het een buurman reeds vyf van dié rotte in sy tuin vrekgemaak. “Dis helse groot goed!” het Roman erg omgekrap verduidelik.
(Die Burger, 2 Januarie 2001)