Bellville – Munisipale Swembad – 1965

bellville-swembad

Die inwydingseremonie by Bellville se nuwe munisipale swembad.
(Foto: Etienne du Plessis, Flickr.com)

100_4447

Dit lyk miskien na ‘n deurmekaarspul, maar hierdie klomp fietse behoort aan skoolkinders wat gister aan ‘n swemgala deelgeneem het by Bellville se nuwe munisipale swembad. Tien skole het deelgeneem by die inwydingseremonie. (Die goeie ou dae voor fietsslotte en diefstal).
(Die Burger, 29 Oktober 1964)

1965 – Tygerbergers hou van Bikini’s

Die mense van die Tygerberg is blykbaar teen Sondagswem gekant, maar van bikini’s hou hulle. Veral die mans is sterk ten gunste van meisies in bikini’s by swembaddens.
By Bellville-swembad bekyk die superintendent eers die nooiens van bo tot onder en voor tot ager, voordat hy besluit of hulle fatsoenlik geklee is of nie.
Selfs huisvroue het geen probleem met bikini’s nie. “Bikini’s is mooi. Ek verkies natuurlik die effens groter bikini, maar sommige mense lyk beter met die skrapse broekie en bostuk,” het een vrou gesê.
Meer en meer skoolmeisies dra die skrale kledingstukkies by die swembaddens. “Dit is nie goed vir die sedes van ons skoolseuns nie,” was een ouer se kommentaar. “Ek voel die skoolmeisies moet ‘n slag deur die skoolhoofde onder hande geneem word.” (Die Burger, 3 Februarie 1965)

1966 – Miss, your bikini is just a weeny little bit too brief

100_4456

There was trouble at the Bellville swimming-bath the other day when the superintendent, Mr. Thomas Mennell, approached a girl in a bikini and told her: “Your bikini is just a weeny little bit too brief.”
It was not on a Sunday – the Bellville swimming-bath is never open on Sundays because local churchmen have objected, stating that if it were open it would interfere with church attendances.
The girl was rather startled by Mr. Mennell’s comment. She ran off, dressed and fetched her father, who came rushing to the bath to see the superintendent.
“What’s wrong with my daughter’s bikini?” the 6 ft. 3 in. father demanded.
Mr. Mennell explained: “Regulations are regulations.”
Bikinis are allowed at the Bellville swimming pool, but G-strings are certainly not.
(Sunday Times, No G-strings or necking at Cape bath, 20 November 1966)
Today bikinis are the only thing to be worn at the pool and the beach. One-pieces are out! What will be next?


1968 – Baie is teen die Mini’s Gekant

Gerrie Swart van Tiervlei, skryf: “Hoe korter die rok, hou minder die verstand! M. Esterhuizen praat van die plesier wat hy en honderde ander jong mans uit die minirokdraers put! Wel, duisende is daarteen.

Dit is tog alte kinderagtig om altyd die Voortrekkerrok by te haal sodra van die minirok gepraat word. Die Voortrekkerrok het sy besondere ereplek, en niemand verwag dat ons jong dames soos Herero’s op straat of op kantoor moet verskyn nie. Wanneer die grens van fatsoenlikheid egter so skandelik oorskry word, dan is dit die plig van elke Christen om ernstige beswaar aan te teken, veral waar dit die getroude vrou geld.
En terwyl ons van die mini’s praat, kan ons net sowel dieselfde soort euwel wat hom in party sg. “swempakke” openbaar, met veragting verwerp en uitroei. Die dra van hierdie onwelvoeglikhede moet verbied word.”
(Die Burger, 24 Desember 1968)

En op die foto hierbo is hoe sommige bikini’s vandag lyk.

Bellville swembad in 2022.