Karavane van Suid-Afrika (voor 1994)

Bo, (Die Burger, 21 Sep 1979) – Die toneel op die foto laat ‘n mens watertand na ‘n heerlike ontspanne vakansie.

Bo, (Die Burger, 14 Sep 1997) – CI se nuwe Caravette is die kleinste en ligste konvensionele woonwa wat nog by ons mark was Hy het vier slaapplekke en ‘n tarramassa van 500 kg, insluitende twee gasflesse en ‘n yskas. ‘n Besonderse kenmerk van die Caravette is dat ‘n groot gedeelte van sy dak oplig om hom meer kopruimte as ‘n gewone woonwa te gee.

Bo, (Die Burger 21 Sep 1973) – In die groter woonwaens is daar deesdae ook ‘n mini-badkamer.

Bo, (Die Burger, 1972) – ‘n Nuttige en gewilde eienskap van die nuwe Gypsey-Bluebird is die staal deur en die boonste helfte is bedek me ‘n insekbeskermende gaasskerm.

Bo, (Die Burger, 24 Mei 1972) – Hier is een van die grootste woonwaens wat tans te koop is, die reusagtige Prinscess Imperial.

Bo, (Die Burger, 24 Feb 1969) – Al drywende op die water is mej. Penelop Plummer, die huidige Mej. Wêreld, wat die woonwa onlangs in Durban “te water gelaat” het. Dit is ‘n liggewig-woonwa van veselglas wat spesiaal vir ‘n klein motor gemaak is en weeg net 925 pond.

Bo, (Die Burger, 24 Aug 1972) – WOONWA 1972 – die tentoonstelling waar die jongste onwikkelings op die gebied van woonwaens en kampeertoeristing vertoon word, het gister in Goodwood op die Kaapse Skouterrein begin. En met ‘n woonwa soos die, kan ‘n mens sommer lekker vakansie hou. Die meisie wat ook blykbaar so dink, is mej. Antoinette Koch van Bellville.

Bo, (Die Burger, 21 Sep 1979) – ‘n Blik in een van die moderne woonwaens. Woonwaens beski vandag oor al die nodige geriewe. In die agtergrond is die kombuis met ‘n stoof, yskas en opwasbak.

Bo, (Die Burger, 9 Junie 1977) – Ry op ry staan die woonwaens in ‘n fabriek naby Johannesburg. Elke woonwa het ‘n binnewand van spesiale wasbare laaghout, dan volg ‘n laag isolasiemateriaal en dan kom die buitewand van aluminium.

Bo, (Die Burger, 21 Des 1979) – Suid-Kaapland beleef ‘n goeie vakansietyd, met party oorde stampvol mense. Al drie woonwaparke op Mosselbaai was heeltemal stampvol, soos die foto wys.  Die beste staanplekke is tot ‘n jaar gelede bespreek. Daar is ‘n deurvloei van tussen 100 000 en 130 000 vakansiegangers en die omliggende strande.

Bo, (Die Burger, 19 Aug 1975) – Die Auto Villa wat eie is aan Suid-Afrika. Die selfaangedrewe woonwa kan ook no ‘n sleepwa trek.

Bo, (Die Burger, 31 Jan 1979) – Die Suidwes-Kaaplandse streek van die Suid-afrikaanse Woonwavereniging (SAWA) het die afgelope naweek in die Ou Skip Woonwapark op Melkbosstrand sy maandelikse saamtrek gehou. Sowat 42 lede van die vereniging het die naweek gesellig saam deurgebring. Hier maak ‘n klompie van hulle gereed om vleis te braai.

Bo, (Die Burger, 14 Aug 1974) – Hierdie vakansiwa, Holiday Four Star, gaan binnekort in Suid-Afrika vervaardig word.

Bo (Die Burger, datum ongeveer 1977) – Woonwa fabriek.