Bellville – word ‘n Stad

1979 – Bellville word ‘n Stad

Môre, 7 September, presies 57 jaar nadat Bellville dorpsbestuur gekry het, word ons dorp ‘n stad – die eerste dorp in die Kaap wat sedert 1910 se Uniewording hierdie status bereik.

Bellville, met sy 80 000 gelukkige inwoners, het ‘n uitstekende ligging: dis baie naby aan die DF Malan-lughawe, terwyl die N1-snelweg, sowel as die spoorlyn, die dorp deurkruis.
Bellville is reeds baie goed gevestig as opvoedkundige, kulturele en nywer-heidsentrum. Die dorp se meer as 200 fabrieke produseer feitlik enigiets denkbaar.
Die poort na Kaapstad, soos Bellville reeds landswyd bekend staan, is pragtig geleë teen die hange van Tygerberg. Daar is skilderagtige uitsigte oor die Bolandse berge, sowel as Tafelberg, terwyl die dorp met ál die nodige geriewe spog, vanaf winkelsentra tot sportkomplekse en pragtige woonbuurte.
(Die Burger, 6 September 1979)

100_4563

‘n Groot skare Bellvilliete het eergisteroggend by die Burgersentrum in Bellville bymekaargekom met die stadswordingsplegtigheid. Ek was ook daar – ‘n volle vyf jaar oud. (Tyger-Burger 10 September 1979)

(more…)

Continue ReadingBellville – word ‘n Stad

Bellville – Woonareas

1929 – Boston Woonarea

In 1929 was dié dorpsgebied se oppervlakte besonder klein. Duminystraat was die een grens, met Tiende Laan aan die noordekant die ander grens. Die buurt het aan ‘n Amerikaanse firma behoort. Aanvanklik het die area aan Loevenstein behoort. Die stuk grond is in 2000 erwe opgesny. Die Amerikaanse eienaars het die dorpsgebied se toestande en ligging vreeslik probeer verkoop. Volgens hulle was die strate oortrek van die bome. Tog het hulle nie genoem dat daardie bome almal rooikrans en Port Jackson was nie. Blykbaar sou trems passasiers vanaf Voortrekkerweg na 18de Laan vervoer en was die see so te se reg by Voortrekkerweg!
(“Bellville” deur C.J. Scheepers Strydom, 1981, Nasionale Boekdrukkery)

Het julle geweet, die strate in Boston is vernoem na Amerikaanse presidente en stede: Washington, Lincoln, Cleveland, Salisbury, Gladstone en Boston.

1968 – Bellvilliete is boos oor beoogde Boston-hoofpad

Die plan om ‘n hoofpad deur Boston te bou, het gelei tot ‘n groot protesvergadering deur ontstoke Boston-huiseienaars gisteraand in die Bellville-burgersentrum. Sowat 75 huise sal platgeslaan moet word. Dit is huise ter waarde van R1 000 000. “Ons word uit Boston gegooi!” was ontstelde inwoners by die burgersentrum se reaksie.
Twaalfde Laan is die pad wat vergroot gaan word en gaan groot veranderinge ondergaan. Dit gaan in ‘n dubbelbaan-pad in albei rigtings omskep. Die stadsraad het besluit dat ál die erwe aan die onderkant (suid) van 12de Laan uitgekoop sal word, om plek te maak vir die dubbelpad en graseiland tussenin.
(Die Burger, 30 Mei 1968) Die dubbelpad is uiteindelik eers in 1985 gebou en heet tot vandag toe nog Frans Conradie-rylaan.


1954 – Welgemoed – Die Constantia van die Noorde

Tygerberg gaan volgende jaar ‘n splinternuwe woonarea kry. Dit sal Welgemoed heet en 830 erwe hê. Die voorspelling is dat daar uiteindelik sowat 3 300 inwoners in die nuwe buurt sal bly.
Daar is op dié naam besluit, aangesien die buurt op die plaas met dieselfde naam ontwikkel sal word. Die Welgemoed-plaas is vroeg in die 18de eeu deur W.A. van der Stel aan C. Laubscher oorhandig.
Die nuwe dorpsaanleg sal om en by 1.5 myl van Bellville se sakekern opgerig word. Die plotte is groter as normale Boston-erwe. Welgemoed-erwe is ongeveer 14 000 vierkante voet teenoor die 5 000 vierkante voet van Boston-erwe.
(Die Burger, 22 Desember 1954)

(more…)

Continue ReadingBellville – Woonareas