Bellville – word ‘n Stad

1979 – Bellville word ‘n Stad

Môre, 7 September, presies 57 jaar nadat Bellville dorpsbestuur gekry het, word ons dorp ‘n stad – die eerste dorp in die Kaap wat sedert 1910 se Uniewording hierdie status bereik.

Bellville, met sy 80 000 gelukkige inwoners, het ‘n uitstekende ligging: dis baie naby aan die DF Malan-lughawe, terwyl die N1-snelweg, sowel as die spoorlyn, die dorp deurkruis.
Bellville is reeds baie goed gevestig as opvoedkundige, kulturele en nywer-heidsentrum. Die dorp se meer as 200 fabrieke produseer feitlik enigiets denkbaar.
Die poort na Kaapstad, soos Bellville reeds landswyd bekend staan, is pragtig geleë teen die hange van Tygerberg. Daar is skilderagtige uitsigte oor die Bolandse berge, sowel as Tafelberg, terwyl die dorp met ál die nodige geriewe spog, vanaf winkelsentra tot sportkomplekse en pragtige woonbuurte.
(Die Burger, 6 September 1979)

100_4563

‘n Groot skare Bellvilliete het eergisteroggend by die Burgersentrum in Bellville bymekaargekom met die stadswordingsplegtigheid. Ek was ook daar – ‘n volle vyf jaar oud. (Tyger-Burger 10 September 1979)

  • 1863 Dorp se totstandkoming
  • 1922 Eerste dorpsbestuur
  • 1940 Eerste munisipaliteit
  • 1979 Stadswording

100_4564

Bo is ‘n spotprent deur Fred Meton. Bellville word geluk gewens deur ander stede.
(Die Burger, 7 September 1979)

100_4565

Bellville se oorkonde van stadswording. (Die Burger, 6 September 1979)

untitledddd