Brackenfell – Interessante Berigte vanaf 1977

1977 – Brackenfell “Pick ‘n Pay” Hipermark

100_4527

Daar was chaos by die opening van Brackenfell se splinternuwe Hipermark. Om en by 25 000 inkopiegangers het gister by die reuse-winkel opgedaag.
Meer as 30 000 kg polonie, 40 000 liter roomys en 14 000 kg suiker is gistermiddag van die hand gesit.
Die Hipermark skat sy dag se omset op ‘n allemintige R300 000!
(Die Burger, 27 Oktober 1977)

(more…)

Continue ReadingBrackenfell – Interessante Berigte vanaf 1977

Brackenfell – Geskiedenis van die dorp en sy plase

Brackenfell – Geskiedenis van die dorp en sy plase

Vroeë geskiedenis:
Brackenfell was reeds in die tyd van Jan van Riebeeck deel van die VOC. Enkele jare nadat Van Riebeeck in opdrag van die VOC ‘n verversingspos aan die Kaap gestig het, het hy besef dat die onmiddellike omgewing van die Kaap nie aan die spesifieke behoeftes voldoen nie.
Dus het hy meer na die binneland buiteposte geskep. De Clapmuts was een van die buiteposte waar hooi as somervoer vir die Kompanjie se perde ingesamel kon word. Die beeste het ook hierdie gebied vir weiveld gebruik.
Brackenfell het deel van die gebied suid van Klapmutsberg uitgemaak. Hierdie plek was bekend as De Bottelarij, wat as opslagplek vir kos op ‘n seilskip geheet het (eers was daar net bottels, maar later het dit as ‘n spens vir kosvoorrade gedien). Vleis en groente is vanaf De Bottelarij gebring vir die skepe wat die Kaap aangedoen het.

(more…)

Continue ReadingBrackenfell – Geskiedenis van die dorp en sy plase

Kuilsrivier – Geskiedenis vanaf 1680

1680 – Geskiedenis van Kuilsrivier

Kuilsrivier was eens ‘n klein, slaperige ou dorpie. Tans is dit egter een van die vinnigsgroeiende voorstede van Kaapstad. Die dorp het in die ou dae as De Cuijlen bekend gestaan.

Met die uitbreiding van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (NOIK) was dit noodsaaklik dat meer veeposte gestig moes word. Goewerneur Simon van der Stel het op 8 Januarie 1680 aanbeveel dat ‘n veepos opgerig moes word by ‘n sekere “oort de Cuijlen”. Die veepos is in 1683 langs die Kuilsrivier voltooi. In daardie jare het die leeus nog dik rondgeloop in die area. In die vroegste jare in die Kuilsriver-omgewing was daar ook heelwat seekoeie, otters, likkewane, wilde volstruise en ander wilde diere. In 1694 het ‘n leeu selfs sewe melkkoeie van die Kompanjie verskeur.

(more…)

Continue ReadingKuilsrivier – Geskiedenis vanaf 1680

Tygerberg – Geskiedenis van Plase in Noordelike Voorstede

1652 – Weglopers toe eerste blankes in noordelike voorstede

Op 25 September 1652 het Jan van Riebeeck verneem dat vier kompanjiedienaars, Jan Blanx, Jan van Leijen, Willem Huitjens en Gerrit Dirckssen, weggeloop het. Die rede hiervoor was ontevredenheid oor die aanhoudende en moeilike werk aan die fort en die swak gehalte van die kos.
Hulle was die eerstes uit Van Riebeeck se geselskap wat dit gewaag het om die veiligheid van die fort te verlaat om die ylbegroeide, onherbergsame, feitlik boomlose sandvlakte aan die oostekant van Tafelberg aan te durf.
Van Riebeeck was bang dat ander ook sou dros en het toe ‘n beloning van 50 gulden uitgeloof aan enigiemand wat inligting oor die drosters kon verstrek.
Hulle wou blykbaar probeer om hul vaderland oor land te bereik! Hulle wou te voet tot by Mosambiek vlug en vandaar per skip terug na Nederland vaar. Die berge wat hulle op hul pad teëgekom het, het egter verhoed dat hulle verder as 24 myl (38 km) na die ooste kon vorder. Hulle het waarskynlik net tot by die Hottentots-Hollandberge gevorder. (As hulle maar net geweet het hoe ver Mosambiek is!)
Volgens Jan Blanx, die leier van die drosters, se joernaal, het hulle op die eerste dag reeds twee renosters raakgeloop wat hulle bestorm het om hulle te “vernielen, maer God bewaarde ons”. Hul beproewinge het nie dáár geëindig nie. Nadat hul hond ernstig in ‘n onderonsie met ‘n ystervark beseer is, en die twee renosters hul boonop weggejaag het van die stroompie waar hulle wou oornag, het hulle besluit om liewer kuslangs te stap en tussen die duine te slaap.
Hulle het ná slegs ses dae besluit om liewer om te draai en terug te keer na die Fort waar hulle op genadige straf op hul dade gehoop het. So, agt dae later, op
3 Oktober 1652, het die drosters vrywillig teruggekeer.

(Uit ‘n tesis deur Adinda L. Vermaak, “Die Geskiedenis van Kuilsrivier, 1652 – 1905”)

(more…)

Continue ReadingTygerberg – Geskiedenis van Plase in Noordelike Voorstede

Durbanville-geskiedenis & Interessante Berigte

Durbanville – dorp van die ossewa

img_0717

Aan die einde van die agtiende eeu, toe die belangrikste roetes aangelê is, het dié roetes via ‘n fontein geloop wat die gebied se beste waterbron was. Durbanville het rondom dié fontein ontstaan, wat selfs in die droogste somermaande, daagliks duisende gellings soet water gelewer het. Die hedendaagse middedorp is die plek waar die dorpie oorspronklik geleë is.
Geen boerderygrond is rondom die fontein toegeken nie, aangesien hierdie gebied in die eerste 40 jaar van nedersetting aan die Kaap vir openbare gebruik opsy gesit is.
(“Die Tygerberg”-boek deur N.M. du Plessis, 1998, Tafelberg-uitgewers)

Foto: Die Onze Molen-meul het reeds in 1840 die plaaslike mense se koring begin maal tot vroeg in die 20ste eeu.

(more…)

Continue ReadingDurbanville-geskiedenis & Interessante Berigte

Goodwood – N1 Stad winkelsentrum

img_8063

Die stuk grond waar die nuwe N1 Stad winkelkompleks opgerig gaan word. Foto is geneem, ongeveer 1990.

img_8061

Die Value Centre is tans in aanbou.

img_8064

Dié reuse-winkelsentrum langs die N1-snelweg het amptelik op 31 Oktober 1992 geopen. Dit het ‘n vermaaklikheidskompleks wat ‘n area van 2 500m² beslaan.

100_4496

Die gala-aand van Jong Burger en die N1-Stad-winkelsentrum se Model van die Jaar-kompetisie was ‘n absolute sukses. Die wenners van die Topco-model-kontrakte glimlag breed.
(Die Burger, 15 Desember 1997)

(more…)

Continue ReadingGoodwood – N1 Stad winkelsentrum