Brackenfell – Interessante Berigte vanaf 1977

1977 – Brackenfell “Pick ‘n Pay” Hipermark

100_4527

Daar was chaos by die opening van Brackenfell se splinternuwe Hipermark. Om en by 25 000 inkopiegangers het gister by die reuse-winkel opgedaag.
Meer as 30 000 kg polonie, 40 000 liter roomys en 14 000 kg suiker is gistermiddag van die hand gesit.
Die Hipermark skat sy dag se omset op ‘n allemintige R300 000!
(Die Burger, 27 Oktober 1977)

Pick ‘n Pay Hipermark het sy deure op 26 Oktober 1977 in Brackenfell geopen.
Vanweë die nuwe winkelsentrum het baie ander besighede in Brackenfell geopen. Ander kleiner winkelsentrums het ook hul deure oopgemaak. Elf jaar later, in November 1988, het nóg ‘n winkelreus, Checkers Warehouse, sy deure in Parow vir besigheid geopen. (“Brackenfell…van toeka tot Nou” deur Dalena Vollgraaf, 2001)

1985 – Goedkoop petrol lok honderde

100_4526

‘n Ongelooflike 110 000 liter petrol is gister hier by die Brackenfellse Hipermark verkoop. Om die winkel se agtste verjaardag te vier, het die supermark petrol teen 15c goedkoper per liter verkoop.
Teen gistermiddag tweeuur het meer as 1 500 karre reeds kom brandstof ingooi by die vulstasie en het die 16 pompe onophoudelik geloop. Vriendelike supermark-werkers het tydens die middagete-breek koue water en verjaardagkoek aan wagtende motorryers gegee. (Die Burger, 25 Oktober 1985)

100_4528

Die wêreldswaargewigbokskampioen Gerrie Coetzee en die burgemeester van Brackenfell deel ‘n grappige oomblik by die Brackenfell Hipermark.

1986 – Sluiting van Roglandstraat jaag gemoedere op

‘n Onderonsie oor die sluiting van ‘n verbindingspad tussen Kraaifontein en Brackenfell het in Brackenfell losgebars. Die mense is erg ontevrede omdat Roglandstraat deur die Brackenfell-munisipalitiet gesluit is.
Baie Kraaifonteiners gebruik die deurpad om by hul werkplek of sake-ondernemings in Brackenfell uit te kom, veral die Brackenfell Hipermark in. Veral mense van Scottsville word ernstig deur die sluiting geraak. Die inwoners moet nou sowat ‘n ekstra 10 km stap.
Die Hipermark sê sowat 85% van Scottsville se inwoners koop by hulle. Die supermark se werknemers word ook deur dié erge verwikkelinge geraak.
(Die Burger, 15 Februarie 1986)

Brackenfell accused of “racial prejudice”

The Brackenfell municipality has been criticised for closing a shortcut which runs through a white area between the local Pick and Pay Hypermarket and Scottsville, a coloured neighbourhood. Charges of racial prejudice have even been laid.
The street, Rogland Road, was closed suddenly last week. It seems white residents along the route claimed Scottsville motorists were driving recklessly to and from the hypermarket.
(The Cape Times, 17 February 1986)


1983 – BMX-malligheid in Brackenfell

ACD Systems Digital Imaging

Van die aksie by die nasionale BMX-kampioenskappe wat Maandag in Brackenfell gehou is. Op die foto links val Gary Saven (15) van die Kaap met sy fiets. Hy het groot konsternasie veroorsaak toe hy amper met sy fiets in die skare beland het.
(Tyger-Burger, 12 Oktober 1983)


1984 – Jong verglustige soldate

100_4575

Leerlinge van die Hoërskool Brackenfell neem deel aan die jaarlikse bivak naby Swartklip. Van die kadette skiet as deel van ‘n veldoefening. (Hierdie was nog in die dae toe ons nog almal kadetoefeninge gehad het ter voorbereiding vir ons nasionale diensplig vir die Suid-Afrikaanse weermag).
(Tyger-Burger, 4 April 1984)