Suid-Afrikaanse motor produskie prestasies, voor 1994

BO: Die miljoenste voertuig wat deur Toyota SA Vervaardiging vervaardig is, ‘n weelderige Hi-Ace Super Custom. (14 April 1983, Die Burger)

BO: Die 250 000ste handelsvoertuig wat Datson in Suid-Afrika gebou het. (18 Januarie 1978, Die Burger)

BO: Die 100 000ste Cortina, (22 Junie 1979, Die Burger)

Die Volkswagen Kewer het sy laaste buiging in Suid-Afrika gemaak. Die laaste van die 290 916 Kewers wat sedert 1951 in ons land vervaardig is, het van die pruduksieband in Uitenhage geloop. Amper 20 miljoen Kewers is al wereldwyd vervaardig. Regs is die nuwe Golf wat die Kewer nou vervang. (14 Februarie 1979, Die Burger)

BO: Die heel laaste Volkswagen Beetle wat in Suid-Afrika vervaardig is.(14 Februarie 1979, Die Burger)

Die Volkswagen Golf het slegs 8 jaar na sy bekendstelling die produksiepeil van 5-miljoen verbygesteek. Meer as 3 500 Golfs word elke dag dwarsoor die wereld gebou. (23 Junie 1982, Die Burger)

BO: Vandeesweek het General Motors hul 250 000ste enjin in Port Elizabeth gebou. (9 Oktober 1974, Die Burger)

Sowat 800 Volkswagen-Motors en meer as ‘n duisend mense tree op in die jongste TV-handelsflits van Volkswagen SA. Dit het fyn beplanning geverg om die motors en hul eienaars van oor die hele land in Port Elizabeth byeen te bring vir die verfilming van die flits. Dit het landmeters vyf dae geneem om die embleem af te pen. (3 September 1987, Die Burger)