Verkeerskonstabels en spoedlokvalle in Suid-Afrika voor 1994

BO: Pretoria se verkeers-afdeling het onlangs 22 Volkswagen 1500 sedans (kewers) as patrolliemotors aangekoop. (19 Mei 1969, Die Burger)

BO: Sewe Volkwagen Kewers is deur die Kaapse afdelingsraad gekoop. (5 Desember 1972, Die Burger)

Bo: Kaapstad verkeerskonstabels op hul supervinnige Harley Davidson motorfietse. (27 Augustus 1956, Die Burger)

Bo: Kaapstad verkeerskonstabels op ultra moderne motorfietse. (18 Junie 1962, Die Burger)

BO: ‘n Bestuurder van Parow kry ‘n stewig R2 verkeersboete. (25 Februarie 1972, Die Burger)

BO: Hierdie mooi meisie van Pinelands, mej. Pauline Graham staan by een van die sowat agthonderd parkeermeters wat in die Kaapstad se middestad verander is. Die parkeertyd is nou 5c per halfuur pleks van ‘n uur. (27 Oktober 1971, Die Burger)

BO: Mnr. Willem Steenkamp en mnr. Ivan du Plessis van die Kaaplandse Provinsiale Verkeersafdeling kniel hier by die twee Truvelo-jaagstriktoestelle waarmee toetse gisteroggend naby Brackenfell gedoen is. Die twee pare koorde (sneltraps) is duidelik op die pad sigbaar. (23 Julie 1981, Die burger) en ONDESTE FOTO: Hier word die spoed van ‘n vinnige motorfies getoets.

BO: Die glimlaggende verkeersman van Parow sien niks oor nie, selfs al is die oortreders net ‘n paar minute voor die oortreding in ‘n huwelik bevesting! Die bruidspaar, mnr. en mev. Piet Kotze van Vasco en mev. Helene Kotze in die voertuig was nie baie ingenome met die spoedboete nie.

BO: Die burgemeester van die Strand, mnr. Dirk Coetzee, het gister op Melkbaai – terwyl hy amptelik pligte verrig het – ‘n pienk kaartjie (verkeersboete) gekry vir die onwettige parkering van ‘n privaat voertuig. (12 Desember 1983, Die Burger)

BO: Die foto is sowat 50 meter van die verkeerslig by Voortrekker en Durbanweg deur die verkeersdepartement se kamera. Hier ry die bestuurder teen 80km/h duidelik oor die voetoorgang terwyl mense nog besig was om oor te stap. Iemand kon dood gewees het. Alles was gelukkig op film vasgele. (5 Desember 1980, Die Burger)

BO: Die Multanova moet op die pad gerig word sodat die radarstraal wat op ‘n motor val na die toestl teruggekaats kan word terwyl die voertuig beweeg. Kyk daar in die agtergrond is Tafelberg. (13 November 1971, Die Burger)

BO: Om die toestel te toets, word ‘n stemvurk gebruik. Die natrillings daarvan stel ‘n motor voor wat teen ‘n gegewe snelheid ry. Dit sal op ‘n grafiek registreer asof ‘n motor verbygery het. Die radar-toerusting is gereed en die kamera is gelaai. Onverskillige bestuurders kan binnekort boetes van tussen R5 tot 50 in hul posbusse verwag. (13 November 1971, Die Burger)

BO: Kaapstad is die eerste stad in Afrika wat ‘n moderne komperbeheerde verkeerstelsel het. Twintig sleutelkruisings word op beeldradioskerms (televisies) in die beheersentrum in City Park dopgehou. (22 November 1973, Die Burger)

BO: Ondanks die sterk Suidooster wat gister hier oor die Skiereiland gewoed het mej. Tanya Watson voortgegaan met haar werk van kaartjies uitskryf. (16 Desember 1988, Die Burger)

BO: Die groot bord in Stellenbosch trek dalk mense se aandag af terwyl hulle ry en lees oor hoeveel ongelukke daar onlangs in hul dorp is. (26 Augustus 1968, Die Burger)

BO: Mense in hierdie klein dorpie van Kakemas is nie gewoond aan motorogelukke nie. (13 Julie 1960, Die Burger)

BO: ‘n Kettingbotsing waarin 19 voertuie naby Boksburg betrokke was. ‘n Veldbrand wat digte rook oor die pad gemaak het het mense se sig belemmer. (5 Julie 1985, Die Burger)