Parow – Die 1976 Soweto-opstande en -betogings in Parow
Die 1976 Soweto-opstande – mense het betoog oor die instelling van Afrikaans in meestal swart skole. Nie lank nie of betogings teen Afrikaans as onderrigtaal was landwyd.
Vele drywers wat gister in De la Rey-weg in Ravensmead gery het, het erge skade gely toe hul voertuie deur erg omgekrapte nie-blankes met klippe gegooi is. Dié foto is op die hoek van Francie van Zyl-rylaan en De la Rey-weg geneem.
(Die Burger, 9 September 1976)
Polisie skiet betogers
Onluste het gister gewelddadig in die Kaapse middestad en verskeie bruin woonbuurte, veral in Tiervlei, voortgewoed ná ‘n naweek van relatiewe kalmte in die Skiereiland.
Minstens drie moeilikheidmakers is deur die onluste-polisie doodgeskiet – een op die Parade en twee in Tiervlei. Tientalle ander is met skietwonde en verskeie beserings in hospitale in die Skiereiland opgeneem. Die toestand van sekere skietslagoffers is kritiek.
Sowat 33 000 kleurling-hoërskoolkinders van 40 skole was afwesig. Kleurlingskole was bykans ‘n week gesluit.
Naby Guguletu het die polisie op sowat 300 skoolkinders van Heideveld losgebrand. Hulle het donshael gebruik nadat die oproerige kinders die swart woonbuurt wou binnegaan.
Toe die Onluste-eenheid die kinders wou keer, het die polisie onder vlieënde klippe deurgeloop. Die jonges het laat spaander toe die polisie hulle met haelgewere begin skiet het.
(Die Burger, 8 September 1976)
(more…)